My vervelige lewe

My vervelige lewe
Soos gesien deur ander. Nie dat dit regtig saak maak nie want dis my lewe. Nou die dag moes ek weer hoor dat ek nie avontuurlustig is nie. “Jou lewe is darem baie vervelig”. Eksuus my – verontwaardige gesig.
Ek hou van ‘n vervelige lewe
Vir ander mag my lewe uiters vervelig voorkom – vir my is dit hemels. Ja regtig. Ek hou van roetine en sekerheid. Jy gaan my nooit kry dat ek op ‘n vliegtuig spring en vlieg waar ookal die vliegtuig my neem nie. Die ander dag vertel ‘n vrou my hoe sy op haar eie na Switserland gevlieg het – geen vooraf akkomodasie bespreking nie. Dis volgens haar te vervelig. Sy sal gaan waar ookal die pad haar lei.
Ek beplan vir alles
Natuurlik weet ek dinge werk nie altyd uit soos ons beplan nie. Daarom het ek altyd ‘n plan B. Vir die grootste gedeelte hou ek van roetine. My lewe is georganiseerd. Ek beplan dorp toe gaan en maak lysies van wat ek waar in die dorp moet doen. So stel ek ook doelwitte met einddatums en dryf myself om dit te bereik. Alles in my huis het ‘n plek. Kersfees goed onder my bed in gemerkte bokse. Tuingoed alles op een plek. So het alles ‘n plek. Ek voel in beheer van my eie lewe.
Ek hou baie van my vervelige lewe.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment