Kompas vir die lewe
Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Kompas vir die lewe
Kompas vir die lewe – rigtingwysers. Ons het dit tog almal nodig. Selfs diere reageer positief op iets of iemand wat die rigting vir hulle aandui al is dit die oudste en wysste skaap in die trop. Geen mens kan sommer net rond ploeter sonder rigting nie.
’n Kompas bestaan uit 4 rigtings: Noord, Suid, Oos, Wes en elkeen help om die regte pad aan te dui en ek maak die kompas ook deel van my lewe sodat ek nie my rigting verloor nie.
Noord
Ek leef dag en nag met God aan my sy. Ek bid dwarsdeur die dag en soms snags ook vir leiding en raad – rigtingwysers. Soggens sit ek met my oggend koffie en Bybelstudie doen en bid. Ek gee my bekommernisse vir Hom, loof en prys Hom.
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. Psalm 23
Suid
Familie speel ’n groot rol in ons lewens. In my familie het ek verantwoordelikheid geleer en om mekaar by te ondersteun en tereg te wys.
Wes
Vriende bring verskillende dinge na die tafel toe. Wyshede en Christen wees word gedeel en dikwels help ’n vriend jou om weer terug op die pad te kom
Oos
Lesse van vreemdes – waarskuwings wat help dat ons nie in dieselfde slaggate trap nie. Geskiedenis leer ons van die goed en sleg, gee vir ons riglyne
Met hierdie kompas vir die lewe sit ek vandag met ’n koppie tee in my hand en ’n hart vol dankbaarheid vir al die dele van die kompas wat my op die regte pad hou. Die mense langs die pad wat ’n bydrae gelewer het om my geborge en veilig te laat voel.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you