Naguil koerant 2 van 2024

naguil koerant 2 van 2024

En so gaan ons die 2de maand van die nuwe jaar binne: Warm tot vrek warm. My Ma het altyd die deure en vensters toegehou tussen 11vm en 4nm om die huis binne koel te hou. Volgens haar hou jy dan die hitte buite. My Ma het dit by my Ouma geleer en na jare van rebelleer moet ek erken: Dit werk! Ek kla egter nie oor die hitte nie en geniet elke seisoen.

Na ’n doller as kop-af 3 maande is dit lekker om weer ontspanne te sit en skryf. Ek het my skryfkamer ’n nuwe jaar skoonmaak gegee en nou kom die inspirasie weer behoorlik terug.

Kosreise is aan die einde van 2023 gebore en daar maak ons kos, gaan op reis en deel stories. Jy is welkom om saam te kuier.

Die Naguil koerant 2 van 2024 lyk bietjie anders. Ook die koerant het ’n skoonmaak gekry. Skrywers hulp is aangevul met nuwe en ou inligting en sal steeds bygewerk word soos nuwe dinge op die horison verskyn.  Die ou boek en nuwe boek kollig spog nou met foto’s van die boeke onder bespreking. So ook die skrywer van die maand. Dan is daar ’n splinternuwe insetsel oor tuine van Suid-Afrika en die wêreld. Dus is daar nou iets vir almal. Ontspanne, positiewe leesstof. Geniet hierdie uitgawe en deel gerus julle mening. Dis altyd lekker om van my lesers te hoor.

naguil koerant 2 van 2024

Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend

Hester Heese 26 Oktober 1911 – 24 Mei 1992

Me. Hester was bekend as ’n kinderboek skrywer, jeugskrywer, volwasse skrywer, toneel skrywer en skrywer van godsdiens drama’s. Sy was reeds in haar 50’s voordat sy haar eerste boek geskryf het.
Sy het verskeie toekennings  en eerbewyse in haar lewe ontvang. Hester was getroud met Kallie en saam het hulle 5 kinders grootgemaak.

Kleuter

Wat is daai – hè Pappa? Is die verhaal van Johan en sy Pa wat gaan stap Die mooiste is egter Mamma wat by die huis wag op hulle terugkoms.

Piet Vrolik en Ben Verstrooi is die storie van twee maats, Piet en Ben, wie se trae verstand sukkel om die regte planne te maak.

Skoolgaande kinders

Die huis op pale is ’n verhaal wat in Pieter se verbeelding afspeel tydens sy rit saam met Albert, wat by sy ouma Mien in die tuin werk, na sy ouma se huis op Ver-eiland by die see.

Polka-masurka beskryf ’n sorgvrye kindertyd, waarin die byna elfjarige Maria en haar verhouding met haar Pa

Jeugverhale

Frans se vyf dae in Desember vertel van die elfjarige Frans se verhoudings binne en buite sy familie. Sy oupa vertel vir hom stories oor die verlede van ’n seun met die naam François

Miekel Marais is veertien jaar oud en die hoofkarakter in Miekel die koerantjoggie. Kort na hulle na Stellenbosch verhuis is sy pa in ’n motorongeluk dood en is sy ma in die hospitaal opgeneem

Volwasse

Sonder jou. Hierdie gedigte is geskryf na die dood van haar man en bevat verse oor herinnerings

Ek gooi die luike oop is kort vertellings van haar lewe saam met haar man en kinders – ’n tipe van outobiografie

naguil koerant 2 van 2024

Jy is en bly my kind gesing deur Juanita du Plessis is een van haar mooiste liedjies.

Soos die titel sê  is hierdie ’n lied van ’n Ma aan haar kind. Die lirieke is hartroerend mooi:

Jy is en bly my kind
En ek gee om
En as jy leiding soek
Sal ek jou weer tot hulp kom
En soos die jare vinnig aanstap
Moet jy dit nooit vergeet
Jy is en bly my kind
En ek gee om

naguil koerant 2 van 2024

Balonne is orals – kinder partytjies, geboortes, sterftes, feesvieringe.

Wat het gebeur toe ’n groep mense probeer het om ’n ballon wêreldrekord op te stel. 1.5 miljoen ballonne gevul met helium is in die lug vrygelaat met katastrofiese gevolge.  ’n Onskuldige poging om geld vir liefdadigheid in te samel het in ’n nagmerrie ontaard.

naguil koerant 2 van 2024
  • Marion Foster is een van Skotland se laaste kilt (Skotse rompie) makers. Dis ’n kuns wat besig is om uit te sterf. Sy het met die idee vorendag gekom om aanlyn kursusse in kilt aan te bied en so seker te maak dat die kunsvorm nie uitsterf nie.
  • Emilia Earhart het in 1937  met haar vliegtuig vermis geraak. ’n Diepsee ontdekker ’n vliegtuig soortgelyk aan die van Emilia op die seebodem ontdek. Sal die raaisel van Emilia en haar vermiste vliegtuig uiteindelik opgelos word?
  • ’n Jong man van California Mychal Threets is op sy eie manier besig om biblioteke en die positiewe wêreld van lees te bevorder deur dit op Sosiale media op ’n prettige manier te bemark.
naguil koerant 2 van 2024

’n Doodgewone huiskat het in ’n Super kat verander toe sy mens maat – ’n klein seuntjie deur ’n hond aangeval is. Die voorval het in die parkeer area voor hulle huis gebeur. Die kat het soos blits op die hond afgestorm en sy mens maat bestorm.

naguil koerant 2 van 2024
naguil koerant 2 van 2024

Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.

  • Kyk net hierdie pragtige lowerryke tuin in die middel van Johannesburg.  Die idee om ’n swembad te omskep in ’n pond was goed en dit lyk eintlik baie natuurlik.
  • Die Suid-Afrikaanse Cape Mellow of anisodontea-capensisis ’n pragtige plant wat heeljaar pienk blomme voortbring. Dis inheems en val in die tropiese familie. Is dit nie te mooi nie?
  • Tanya Visser ons eie tuin ghoeroe wys hoe maklik dit is om jou eie sement ornamente te maak.
  • Die bekroonde David Attenborough neem ons op reis deur die lewe van plante in die woestyn.
ou boek kollig

Ek gooi my luike oop deur Hester Heese is ’n versameling van haar dagboek inskrywings.

So leer ons haar en haar familie ken, die lawwe en ernstige dinge. Dit is sonder fênsie woorde geskryf net lekker leesstof.

Man met lisensie
Kallie (haar man) weet van motorbestuur net mooi niks. ’n Volle dag lank oefen hy en toe gaan hy na ou dokter Joubert om sy bestuurslisensie te kry…

Weeskinders
Johan (8) en Louise (7) stry. Ek neem ’n koffer en gaan na hulle kamer. “Ek gaan weg. Julle stry te veel”. Die volgende oggend: “Ek het besluit om julle nog ’n kans te gee” “Louise” se Johan. “Val op jou knieë neer en dank die Here. Byna was ons weeskinders

nuwe boek kollig

Die skrywer Uys Krige se kleinseun Justin Fox se boek Place kombineer sy liefde vir reis en skryf.

Die boek is gevul met die mooiste foto’s en stories.

“Let us, then, set off together on a series of journeys around South Africa with an old kitbag full of books instead of maps to guide us. Let us follow meandering paths through the landscapes of literature, and celebrate how local authors, characters and readers are shaped and inspired by place …”

Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant.

Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.

bybel vers

LUKAS 18:1 AFR83

Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.

Die Pa van ’n jong seun het gesterf as ’n ongelowige. Tydens ’n besoek van die Pous wou hierdie seun van die Pous weet of sy ongelowige Pa in die hemel is? Die trane het vrylik oor die kind se gesig geloop en die Pous het dit met deernis hanteer.

Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.


Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.