Onopgeloste misdade in Suid Afrika

0
(0)

Onopgeloste misdade in Suid Afrika

Onopgeloste misdade van Suid Afrika. Ons kyk vandag na 5 misdade wat Suid Afrika op die punt van hulle stoel gelaat het. Elke nou en dan verskyn hulle weer op die horison – net om weer te verdwyn. Steeds onopgelos. Twee derdes van alle misdade in Suid Afrika word sogenaamde “cold cases” Hierdie is net ‘n paar van hulle.

Springs moorde – Robert en Jean Cora Smit

In die toppunt van Apartheid was daar ‘n grusame moord. Nee, eintlik 2 moorde. Robert Smit en sy vrou Jean-Cora Smit is grusaam in hulle huurhuis in Springs vermoor op 22 November 1977. Robert was lid van die Nasionale Party met ‘n toekoms in die Politiek. Jean-Cora is eerste doodgemaak – by die telefoon. Sy is verskeie kere geskiet en met ‘n hak skoen gesteek. Robert is verskeie kere geskiet by sy aankoms. Die woorde RAU TEM is met rooi spuitverf op die yskas en kombuis mure aangebring. Pik Botha, voormalige Buitelandse Minister het die moorde as uiters skokkend beskryf. Daar was geen verdagtes nie alhoewel dit algemeen aanvaar word dat dit politieke moorde was. Selfs die waarheids en versoenings kommissie kon nie antwoorde vind nie.

Bubbles Scroeder

Bubbles was net 18 jaar oud toe sy in 1949 wreed vermoor is. Sy was volgens mense wat haar geken het ‘n ietwat los meisie met bykans geen morele waardes nie. Bubbles het ‘n moeilike kinder lewe gehad en het geswerf tussen familie. Sy was gereeld dronk en onbeheerbaar. Na ‘n aand uit saam met vriende het sy ‘n saamry geleentheid saam met iemand by die kroeg gekry. Sy was dronk en onvas op haar voete. Die jong man (Liebman) saam met wie sy was het haar bus terminus afgelaai na ‘n rusie. 36 uur na haar verdwyning is haar half naak ligaam gevind. Sy was verwurg. Liebman is aangekla van haar moord maar laat gaan weeens ‘n gebrek aan bewyse. Die vermoede is dat 2 mense betrokke was by haar moord. Sy is van agteraf verwurg en het krapmerke aan haar nek gehad soos sy haarself probeer bevry het.

Anika Smit

Die meisie wie se hande afgekap is. Annika was ‘n gewone tiener meisie, 17 jaar oud. Die dag van haar moord was sy siek en het tuis gebly terwyl haar Pa gewerk het. Sy het duidelik haar moordenaar geken. Die honde was toegemaak aan die agterkant van die huis en die voordeur was oop. Daar was geen teken van gedwonge toegang nie. Binne die huis was dit ‘n ander saak. Tafels en stoele was omgekeer en Anika se hande was afgekap. Haar Pa het op haar bebloede lyk afgekom. 14 Jaar na haar moord is daar steeds geen deurbraak of arrestasie nie. Haar hande is ook nooit gevind nie.

Johan Heyns

Dr. Johan Heyns was ‘n moderator van die NG kerk en woonagtig in Waterkloof rif. Johan was aktief betrokke in die binne werke van die kerk en sy standpunte het dikwels konflik veroorsaak. Hy het hom sterk teen apartheid uitgespreek en ‘n skeuring in die kerk het gevolg. Op Saterdag 5 November 1994 was Dr. Heyns besig om kaart te speel saam met sy vrou en 3 kleinkinders. ‘n Sluipmoordenaar het ‘n enkele skoot deur die venster afgevuur wat hom in die nek getref het. Hy is onmiddellik dood. Hy was 66 jaar oud. Alhoewel dit vermoed word dat Dr. Heyns deur wit ekstremiste doodgeskiet is, is niemand ooit vir sy dood inhegtenis geneem nie.

Leslie van Zyl

Leslie se afgryslike moord is nie so bekend nie en het min aftrek in die hoofstroom media gehad. Sy het vir Liberty life gewerk as bemarker en het op 28 Augustus 2000 ingeboek by die Protea hotel in George vir ‘n sake besoek. Die volgende dag is haar verminkte lyk in die hotel kamer gevind.’n Do not disturb sign was op die deur. Een van die gaste in die hotel het Leslie hoor skree en hy het dit aangemeld by die Bestuurder van die Hotel.

Die Bestuurder het egter geweier om by die kamer in te gaan weens hulle privaatheids beleid asook die die teken teen die buitekant van die deur. Sy en haar man was vervreemd van mekaar ten tye van haar moord. Elke jaar word ‘n artikel in die George Herald publiseer om mense bewus te maak van Leslie (28) se moord. Alhoewel verskeie leidrade ontvang en opgevolg is, is haar moord steeds ‘n raaisel

Mag elkeen van hierdie misdade opgelos word sodat hulle families vrede kan vind.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading