Het jy gehoor?

Het jy gehoor?

Onverstandige mens praat met minagting van ‘n ander; ‘n verstandige mens swyg” (Spreuke 11:12-13)

Skinder is so oud soos die mensdom self en steeds doen ons dit. Ek dink nie daar is een mens wat kan sê dat hy of sy nog nooit iets van ’n ander gesê of oorvertel het nie. Dikwels kom mens dit nie eers agter nie – totdat iemand praat oor die geskindery en ander daarvan bewus maak.

Het jy gehoor?

Dis egter wanneer mens aan die ontvang kant staan van skinder wat jy die skade besef wat so ’n kwaadpratery aanrig.

Byvoorbeeld: Sannie sluit aan by die gemeenskapsgroep wat kunsklasse aanbied. Sy gaan vir die eerste keer na een van die byeenkomste. Sannie word op en af bekyk en wanneer sy badkamer toe gaan begin die dames praat. “ Ek wil nou niks sê nie, maar iemand het vir my vertel dat daar geld weggeraak het by haar werk plek ”. “So ken jy haar?” “Nie eintlik nie, dis maar wat ek gehoor het”. Die dames skuif dadelik hulle handsakke onder hulle blad in.

It’s weird how people who are the least close to me or who’ve never even met me purport to be experts on the real me; and then, sadly, there are those who could be in touch with me but prefer to gossip with strangers about me instead. Vanna Bonta

Sannie is ’n dame van goeie inbors wat orals in die gemeenskap uithelp. Die dames by die kunsklas groep het dit egter reggekry om van haar ’n verdagte te maak.

Die Bybel waarsku ons oor los tonge en kwaadpraat van ander. Ek het my ook al in sulke netelige situasies bevind waar geskinder is oor ander. Tot my skande moet ek erken dat ek ook al dinge van ander kwyt geraak het. Ek het ook ’n keer of wat aan die ontvangkant van skinder gestaan en dis niks lekker nie. Daar is niks goed wat spruit uit skinder nie. Ek moet myself gereeld daaraan herinner  om nie oor ander te skinder en te bespiegel nie.

“’n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is ‘n dodelike strik. Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik” (Spreuke 18:7-8)

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.