Eerstes

0
(0)
teetyd

Teetyd kuiers is ‘n maandelikse rubriek geskryf deur
Amanda Spies du Plessis

Amanda Spies du Plessis

Teetyd kuiers argief

Teetyd kuiers met Amanda

Mens moet iewers begin. Eers moet jy gebore word voordat jy kan kruip, loop, eet. Eerstes.

Teetyd kuiers met Amanda is nog ’n eerste vir my. ’n Maandelikse rubriek vir my webblad.

Daar was ’n klompie eerstes in my lewe met die loop van die jare. ’n Paar van hulle staan uit. My stryd om die R klank te sê. Ek was die enigste kind in my klas en graad – die ou standerd 1 wat nie die R klank kon uiter nie. Die kinders het vir my gelag en my genadeloos gespot. Snags het ek in my bed gelê en huil en geoefen minute aaneen. Tevergeefs. My tong kon nie die klank voortbring nie.

Mev. Bruwer het my aangemoedig. Soveel geduld. En toe gebeur dit. Die aand het dit sag gereën. Ek was ontspanne en het na die reën geluister. Half aan die slaap het ek weer probeer en hierdie keer het die R deurgebreek en ek het dit weer en weer gesê.

Ek het die hele huis wakker geskree. Op en af op my bed gespring. Almal moes in my vreugde deel. Dis asof ek die Olimpiese Spele gewen het.

Dan was daar die eerste keer dat ek ’n tweewiel fiets sonder hulp kon ry – en myself besimpeld geval het. My eerste bestuurles – met my man as leermeester was volgens my ’n reuse sukses en volgens hom ’n nagmerrie.

Ek hou van uitdagings en nuwe dinge probeer. So het ek ook my eie huisverbeteringe aangepak en voltooi – sonder enige opleiding. Selfs teëls opgekap en nuwes gelê. Google en YouTube het my getrou gehelp – sonder oordeel.  

Na my Ma se onlangse beroerte wou haar bene nie loop nie. Sy sou op een plek met die kierie staan en probeer. “My bene weet nie hoe nie”. Ons het aangemoedig en raad gegee.

En toe gebeur dit. Sy gee haar eerste tree…

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading