Dolle gejaag na wat?

articles

Dolle gejaag na wat?

Dolle gejaag na wat? Ek verkyk my aan mense wat hier vat en daar los – en niks gedoen kry nie. Volgens hulle is daar net nie tyd nie. Dis geen wonder nie dink ek so by myself. Ek sal ook soos ’n klaaglike mislukking voel as ek nie resultate sien nie.

Hoe meer haas hoe minder spoed

Dis nou vir jou ’n treffer idioom. Die waarheid. My Ouma het altyd gesê maak klaar waarmee jy begin anders gaan dit nooit klaarkom nie.

Dot: “Ek het vir my wol gekoop. Ek gaan die trui brei” Sy het nog skaars 2 rye gebrei toe vul sy die blokkiesraaisel in – ook halfpad. Dan bel Dot se vriendin Mari. Daar is ’n uitverkoping in die Kaap. Dadelik gooi Dot die breiwerk in die breisak en pak haar tas.

“Bye, ek gaan Kaap toe”. “Wat gaan Ma daar maak?” vra haar seun. “Daar is ’n uitverkoping” Wat gaan Ma koop? “Ek weet nie”.

En daar spring Dot in haar motor op pad Kaap toe om iets te koop – wat weet sy nog nie.

In die Kaap hardloop sy van winkel na winkel. Sy koop kunsprojekte en verf en ’n omkapmasjien – sy maak nie klere nie. Drink koffie en koop gom vir verlede jaar se projekte wat nog klaargemaak moet word.

Sy jaag terug huis toe. Sy moet nog haar lisensie hernu, die kerk hou basaar en sy is verantwoordelik vir die koektafel. Dan is daar nog Santie se verjaarsdag – sy het nog nie ’n persent vir haar nie. Daar is net nie tyd vir alles nie. Sy moet nog die trui ook brei en die blokkiesraaisel. Wanneer gaan sy tyd kry om haar koppie tee in rus en vrede te drink? Hoe kry Mona dit reg om als gedoen te kry en nog tyd vir haarself te kry? Paniekerig gryp sy haar motorsleutels. Sy het vergeet om haar lisensie te hernu en môre begin die langnaweek en sy moet nog die persent vir Santie koop. O hel, sy verjaar vandag.

Haal asem Dot

Stadig in en uit. Haal net asem my mens. Waarmee is jy besig? ’n Dolle gejaag na wat? Jouself? Mens kry niks gedoen deur so halsoorkop dinge te doen en rond te ry nie. Mona kry dinge gedoen omdat sy haar tyd beplan en take afhandel. Oefen. Maak ’n koppie tee. Sit rustig en drink dit. Neem 5 minute elke aand om die volgend dag te beplan – korttermyn beplanning.  Oefen. Beplan dan jou week en maand projekte, stel doelwitte en handel dinge af. Langtermyn beplanning. Haal asem. Glimlag. Sukses!

2 Comments

  1. Amandaskrywer(Aduppie)

    14 August 2023 at 8:42 pm

    Dis nes jy daar se. Dis heerlik om positiewe resultate te sien.

  2. scrapydo2.wordpress.com

    14 August 2023 at 8:58 am

    Ek ken ‘n hele paar Dotte. As ek myself nie inhou kan ek ook met dinge begin en dan net belangstelling verloor omdat… wat ook al my aandag aftrek. Gelukkig kan ek nogal deurdruk en klaarmaak met wat ek begin het. Dis baie lekkerder om dinge klaar te maak voordat die volgende uitdaging ontvou.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.