Doen dit jouself

Doen dit jouself
Doen dit jouself. Wat?. Ja, jy kan enige iets self doen. Wel, bykans alles met uitsondering hier en daar. Jy is nie hulpeloos nie. Soms dink ‘n mens iets is bo jou vuurmaakplek – totdat jy dit probeer. Dan sien jy dis eintlik glad nie so erg nie.
Daar is 2 goed waarmee ek nie sommer peuter nie
Elektriese en loodgieter dinge. Ek sal basiese dinge doen soos om ‘n gloeilamp te vervang of ‘n kraan se wasser te vervang. Ek weet nie genoeg van daardie dinge af nie. Buitendien is daar baie wat kan verkeerd gaan wanneer ‘n onkundige mens soos ek daarmee peuter. Nee wat ek los dit maar vir die opgeleide mense.
YouTube is ‘n goeie Doen dit jouself leermeester.
Dis wat YouTube skei van ander sosiale media. Hulle is baie nuttig om te gebruik met honderde video’s wat jou leer hoe om selfs die kleinste en maklikste projekte aan te pak. Van die basiese manier om rys gaar te maak tot jou motor se olie vervang en ‘n maklike tafel te maak. Selfs video’s wat jou leer ski en motor bestuur. Jy kan ook gratis hulp kry met oefeninge en leer tuin maak.
So waarvoor wag jy? Leer om dinge self te doen of ‘n nuwe stokperdjie te begin. Dis leersaam en groot pret wanneer jy ‘n nuwe vaardigheid aangeleer het. Dit sal jou selfbeeld ‘n wel verdiende hupstoot gee. ‘n Nuwe jy!
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment