Die vrou met die rooi ballon
Die vrou met die rooi ballon is ‘n kortverhaal geskryf deur Amanda Spies du Plessis
Ansie rek haar behaaglik uit. Vandag word haar grootste droom waar. Haar eie koffie winkel.
Ansie ry die 10 minute na die nuwe winkel met ‘n lied in die hart en ‘n groot glimlag op haar gesig. Die jare na Ben se dood was swaarkry tyd. Enkelouer wees is nie vir sussies nie. Agtien maande gelede is sy ‘n pakket gegee by die staatsdiens waar sy meer as 20 jaar gewerk het. Dit was soos ‘n vuishou in die gesig. Geen afskeids partytjie. Nie eers ‘n dankie vir al die laataande se werk sonder oortyd betaling terwyl haar kinders by ‘n oppasser moes bly nie. Sy is in ‘n oogwink vervang.
“Ansie, dis verby” praat sy met haarself “ruk jouself reg”. Ten minste het jy vir Lena. Dierbare Lena wat kort na Ansie ook pakket gegee is. ‘n Kosbare vriendin. Die spreekwoord sê mos nie verniet: “Wanneer een deur toegaan gaan ‘n ander deur oop nie”. Ansie die ewige optimis het vir 2 weke haarself gesit en jammer kry en toe het sy prakties begin dink oor die pad vorentoe. Kleintyd al wou sy bitter graag haar eie koffiewinkel besit waar sy haar eie kulinêre baksels kan optower in ‘n gesellige atmosfeer.
Vandag is die begin van ‘n nuwe avontuur.
Die pienk Mini hou voor Kafee Hoop stil. Die sleutel knars in die nuwe slot. Ansie stap oor die drumpel. Die reuk van verf hang in die lug. Die winkel is blomryk versier met mooi versies op elke tafel wagtend vir mense om te inspireer en te voed. Ansie draai na die koffie toonbank. “Ek sal ook ‘n sterk koppie koffie neem” klink Lena se vrolike stem op. Ansie draai verras om. “Lena! Waar op aarde kom jy vandaan?” “Jy het darem seker nie gedink ek sal jou eerste dag mis nie”? “Het jy wragies al die pad van Pretoria na Oudtshoorn toe gery vir my openingsdag?”” Net so my liewe Ansie. Komaan opskud met die koffie, my keel is droog” sê Lena gemaak kwaai.
Keurig berei Ansie twee koppies koffie voor. Sy haal twee ontbyt muffins uit die glas koepel houer en rond dit af met ‘n geel kappertjie op die handgemaakte klein bordjie. “Jy is my eerste gas Lena. Ek kan steeds nie glo jy is werklik hier nie”. “Ek sal jou groot dag vir niks mis nie. Jy is ‘n voortreflike gasvrou en dis hoog tyd dat ander dit ook weet.” “Ons moet nog die ballonne opblaas”. Rooi en wit ballonne word keurig op strategiese plekke in die winkel geplaas. Elkeen is kunstig deur Ansie versier om in te pas by haar tema.
“Dankie julle, dit was lekker om julle te ontmoet”
“Kom kuier gerus weer” groet Ansie haar tweede stel gaste. Dis maar stillerig so op die eerste dag en Ansie en Lena gebruik die ledige tyd om hier en daar veranderings aan te bring. “Lena, help my gou met hierdie blom bak asseblief. Ek dink dit sal beter lyk voor op die stoep”. Die twee vriendinne is vrolik en opgewek en saam kry die blom bak met die malva ‘n nuwe plek. Uit die hoek van Ansie se oog sien sy ‘n vrou met ‘n rooi ballon in haar een hand verby die winkel stap. Seker ‘n verjaarsdag partytjie mymer Ansie. Dis nie net die ballon wat haar aandag trek nie. Die vrou het lang donker hare met ‘n skewe hoed op haar kop en groen skerppunt skoene. Lena babbel voort oor die suurlemoen boom in die pot wat sy by die kwekery gesien het en hoe goed dit in Ansie se winkel sal pas.
Die volgende oggend val Lena weer in die pad terug Pretoria toe. ‘n Heimwee val oor Ansie toe Lena oor die bult verdwyn. Sy draai om en stap die winkel binne. “Halo, is jy al oop vir besigheid” roep ‘n stem. Ansie kyk na waar die stem vandaan kom. “Ek is Ester en dis my vriendin Karen” stel die vriendelike mollige vrou haarself voor. “Ek is verseker oop, kom binne”. Terwyl Ansie haar eerste gaste vir die dag se bestelling voorberei gesels die twee vriendinne onophoudelik.
Ansie is besig om haar gaste te bedien toe dieselfde vrou van gister weer voor haar winkel verby loop.
Die vrou het weer ‘n rooi ballon in haar hand en in die ander dra sy ‘n bossie kappertjies. “Ag jammer om lastig te wees” vra die mollige tante verskonend, “kan jy asb. vir ons nog ‘n bietjie melk bring?”. “Seker” sê Ansie, en sien hoe die vrou uit haar sig verdwyn. Dit was ‘n besige dag praat Ansie met haarself. ‘n Gevoel van innerlike sonskyn kruip oor haar liggaam en siel. Sy geniet haar klein koffie winkel en die mense en hulle stories. Dan kom ‘n ander mens in haar gedagtes op. Ansie kan die vrou met die rooi ballon net nie uit haar kop kry nie. Iets omtrent die vrou fassineer haar. Eers het sy gedink die vrou is oppad na ‘n partytjie toe met die ballon. Is dit toeval dat sy twee keer met ‘n ballon in die straat loop? “Ek wonder wat haar storie is” praat Ansie hardop met haarself.
Dis twee weke later en Ansie is druk besig
Haar koffiewinkel gaan van krag tot krag. Saans is sy moeg. Daardie lekker moeg. Vandag moet die linnegoed gewas word en ander tafeldoeke op die tafels kom. Met ‘n arm vol linnegoed stap Ansie langsaan na die wassery. “Ansie daardie wortelkoek van jou is voortreflik” komplimenteer die vrou van die wassery. “My Ma is weer gaande oor jou ontbyt brood” borduur sy voort oor Ansie se koffiewinkel. “Dit sal so namiddag klaar wees”. Ansie is al amper by die deur uit . Oja, ek het gesien daar was ‘n vrou by jou winkel terwyl ons hier besig was. “Ek het ‘n papier op die deur gesit dat ek oor 5 minute sal terug wees”. Sy het vir my bietjie vreemd voorgekom. “Hoekom sê jy so?” “Sy het ‘n rooi ballon in haar hand gehad”.
“Ansie , kom kyk hier” Ansie sit die tydskrif neer en stap nader na waar Lena deur die venster loer.
“Sien jy wat ek sien” vra Lena nuuskierig. “Wag laat ek net my bril opsit. Die straat is omtrent besig. Wonder waarheen is almal oppad. Wag ‘n bietjie”. “Praat jy van die vrou met die rooi ballon?” “Netso” laat Lena hoor. “Sy lyk vir my so ‘n bietjie koekoes. Sy was nou die dag by die kafee met dieselfde ballon. “Nou hoekom sou sy met ‘n ballon in die strate rondloop. Ek wonder wat haar storie is” mymer Ansie terwyl sy stip na die vrou staar.
Ansie help in haar vrye tyd uit by ‘n diere vesting vir hawelose diere
Terwyl sy tussen die katte sit, gaan haar gedagtes onwillekeurig terug na haar gesprek met Lena en die vreemde vrou met die rooi ballon. Sy kan nie ophou dink aan haar nie. Die vrou fassineer haar. “Jy krap my hare deurmekaar” raas Ansie gemaak kwaad met die gemmer kat. Die speelsessie is te gou verby. “Totsiens julle, sien weer Woensdag”. Haar foon lui en so in die loop en praat stamp sy teen iemand. Sy kyk vererg op. Voor haar staan die vrou met die rooi ballon. Sy wil nog iets sê, maar die vrou is reeds verby haar. “Ja Ouma, die weer is net so lekker hier ook. Ek sal nou vir Ouma die melk en brood kom aflewer”. Die vrou het lang donker hare met ‘n hoed op haar kop. Sy straal van blydskap en dra in haar een hand in groot rooi ballon. Syself is geklee in spierwit. Sy lyk gelukkig. “Wag, ek.. Ja Ouma ek is nog hier. Dis reg Ouma, ek sal nie vergeet nie”. En toe sy opkyk is die vrou skoonveld. Deksels sy het nie nou tyd om na die vrou te soek nie, Ouma wag vir haar kruideniersware. Ansie hou voor die klein eenvoudige huisie stil. Ouma straal van vreugde toe sy vir Ansie sien. “Ag Ouma is so bly vir die goedjies. Kom ons gaan maak tee. Ek het jou gunsteling Appeltert gebak”. “Hoe gaan dit hier by Ouma” vra Ansie terwyl sy kruisbeen op die stoep sit. “Dit gaan goed my kind, met die Here se genade en als.” “Wat is jy so ingedagte my kind. Is iets fout?” “Nee Ouma, ek dink sommer net”.
“Dis die vrou met die rooi ballon sê Ansie verras
“Wat sou sy hier maak” wonder Lena. Die kelner draai om van die tafel langsaan. “Dis die eienaar van die koffie winkel”. “Julle moet haar ontmoet”. “Emma, kom maak kennis met Lena en Ansie. Dis hulle eerste keer hier”. Emma stap nader, rooi ballonne in die hand. “Bly om julle te ontmoet.” Lena kan haarself nie keer nie. “Hoekom loop jy alewig met ‘n rooi ballon in die strate rond?”
“Dis ‘n simbool van hoop”. “Hoop? Nou wat het dit met ‘n ballon te doen?” “Ek het breinkanker oorwin en elke dag is ‘n viering van my en ander se lewens”.
scrapydo2.wordpress.com
10 March 2022 at 8:51 amBaie mooi! Daar is hoop.
Amandaskrywer(Aduppie)
11 March 2022 at 4:14 pmDankie baie