Chaos in die wêreld

0
(0)
chaos in die wêreld

COVID 19, Brexit, Mexit, Rassisme, Black lives matter, Misdaad, Politiek veroorsaak chaos in die wêreld.

Wanneer ek die nuus aansit is die kanse goed dat die nuus oorheers word deur een of meer van bogenoemde voorbeelde en dieselfde met die Internet. Dis genoeg negatiwiteit om mens in ‘n algehele depressie te dompel.

Goed wen altyd oor sleg

Ek het al ondervind dat wanneer ek te veel na negatiewe dinge op die Internet of Televisie gekyk het, is ek angstig, vies selfs hartseer en dis dan wanneer ek weet dis nou tyd om positiewe dinge te sien en te ervaar. Ek stap graag met my hond Millie, hou ‘n dankbaarheids joernaal en beoefen Taichi en doen meditasie. ‘n Komedie en ‘n mooi boek help ook om my weer te laat glimlag. Dit neem net ‘n besluit om my gesindheid weer positief te kry.

Die goed en sleg van die wêreld is een groot sepie

2020 se grootste uitdaging

Die Corona virus oftewel COVID19 het onverwags vroeg in 2020 op ons toegesak en ‘n jaar later is dit steeds met ons en alle aanduidings is dat dit nog ‘n tyd lank deel van ons lewe gaan wees. Dis die eerste keer in 100 jaar wat die hele wêreld op dieselfde tyd met dieselfde ding gekonfronteer word. Dis ‘n gemene deler wat ons met elke mens op hierdie aarde verbind. Dit voel soms of hierdie ding nooit gaan einde kry nie en asof ons vir altyd soos ‘n gemaskerde spinnekop gaan lyk.

Dis nie alles sleg nie

Skielik het ons meer tyd om saam met familie en vriende te spandeer. Ons kry weer tyd om oor ons prioriteite te dink en onnodige dinge uit ons lewens te skuif en te vervang met dinge wat ons siel voed. Skielik waardeer ons weer die son op ons lyf wanneer ons buite sit en ons oggend koffie geniet. Ons sien weer die voëls raak en hoor die reën en onthou om dankie te sê aan ons Hemelse Vader vir die genade van gesondheid, kos, klere en ‘n dak oor ons kop.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading