Amanda

Die vrou agter die masker is Amanda Spies du Plessis

amanda spies du plessis

Amanda is gebore in Port Shepstone en tans woonagtig in die pragtige tuinroete. Sy het reeds as skoolkind in lees en skryf belanggestel en opstel skryf was een van haar gunstelinge. Die biblioteek was ‘n sprokieswêreld en haar beste vriend. Terwyl lees vir haar ontvlugting gebied het, het skryf vir haar ‘n stem gegee.

Skryf was waar ek tuis gevoel het, waar ek kon uiting gee aan my gevoelens.

Sy skryf oor dinge waarin sy belang stel, wat haar na aan die hart lê, asook oor inspirerende mense en hulle dinge, die omgewing en sommer als en nog wat.

Ek lees graag Geskiedenis, Fantasie, Misterie en Realiteit

Amanda Spies du Plessis PROFESSIONEEL Skrywers Biografie

  • Sy het as joernalis vir ‘n plaaslike koerant gewerk waartydens sy onderhoude gevoer het met bekendes, mense stories geskryf het en verslag gelewer het oor dinge in haar plaaslike omgewing.
  • Deeltyds het sy ook vir ‘n opkomende ponie koerant (tabloid) geskryf
  • Verskeie toesprake, skool mondelinge en kort stories vir ander mense het ook uit haar pen voortgespruit.
  • Sy is ‘n voormalige Penmaat klub bestuurder en skrywer
  • Voormalige Plaaslike Celine Dion en Britney Spears ondersteuners klub bestuurder en skrywer

Ena Murray was my gunsteling skrywer tydens my tienerjare. Ek was gaande oor haar ou Kaapse verhale met edelmanne, swaardgevegte en liefde.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

%d bloggers like this: