Is fluitjieblasers helde?

Is fluitjieblasers helde of arrogant en soekend na aandag? Hoekom doen hulle dit?

Whistleblowing is a term that is used by law enforcement agencies when a person passes on relevant and reliable information concerning wrongdoing, such as fraud and corruption to a person / organisation they trust.Suid-Afrikaanse regering

is fluitjieblasers helde

Die eerste opgetekende fluitjieblaser was Tweede Luitenant Samuel Shaw. Hy het in 1777 bekend gemaak dat Britse krygsgevangenes mishandel word en in 1778 is die eerste wet ingestel om fluitjieblasers te beskerm. Talle mense het sedertdien die fluitjie geblaas.

Een van die bekendste fluitjieblasers is sekerlik Julian Assange die skepper van Wikileaks.

Hy het in 2010  inligting bekend gemaak van die Amerikaanse Weermag. Die inligting was hoogs sensitiewe en geheime dokumente. Volgens Julian wou hy van die wêreld ’n beter plek maak deur leuens en korrupsie te ontbloot.

Harry Templeton het in 1988 bekend gemaak dat Rupert Murdough van The Mirror die personeel van die mediahuis se pensioenfondse wanbestuur. Hy is onmiddellik afgedank. Na Murdough se dood is bevind dat hy miljoene Dollars van sy werknemers se pensioene vir homself toegeëien het.

In Suid-Afrika het fluitjieblasers ook die ongeruimdhede in Steinhoff blootgelê.

So ook die beweerde ongeruimdhede van die Guptas en Oudpresident Zuma. Daar was ook diegene wat die apartheid misdade geopenbaar het soos die moorde op Steve Biko. In 2018 het die boek Lost Boys of Bird Island waarin Mark Minnie, ’n voormalige Polisie speurder die fluitjie geblaas het oor beweerde pedofiel bedrywighede deur voormalige Nasionale Party Ministers. Minnie het kort na die verskyning van die boek selfdood gepleeg en die boek is onttrek van die mediahuise.

Is fluitjieblasers helde?

Sommige fluitjieblasers is baie moedig om misdade en korrupsie uit te wys. Daar is egter na my mening ook diegene wat wrokke koester teen voormalige werkgewers en mede werkers en dan wil wraak neem. Waar dit lands en weermag geheime is wat verklap word, is daar ’n groot gevaar aan verbonde dat landsveiligheid in gevaar gestel kan word. Iemand soos Julian Assange is nie volgens my ’n held nie – hy het Amerika en individuele weermaglede se veiligheid in gedrang gebring. Die eerbare fluitjieblasers is helde in my mening.

Is hulle arrogant en soekend na aandag?

Ek dink daar is definitief mense wat uit weerwraak optree terwyl ander dit doen om in die media te verskyn as ’n held. Dit laat hulle belangrik voel. Dikwels oordink hulle nie die gevolge nie – hulle leef net vir die verering en geldelike vergoeding.

Daar is gevare aan verbonde

Behalwe afdanking is daar ook kriminele vervolging en die moontlikheid van tronkstraf. Julian Assange het Amerikaanse geheime verklap en terwyl hy ’n Australiër is. Hy vlug van die een plek na die ander om vervolging te vermy en baklei daarteen om uitgelewer te word aan Amerika.

’n Lys van fluitjieblasers van verskillende lande met die jare kan hier besigtig word.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.