Aftrede en versigtigheid is ‘n netelige kwessie
Rubriek
Aktueel
deur Amanda Spies du Plessis
Omtrent Rubrieke
Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.
Tipes Rubrieke
- Komies
- Polities
- Aktueel
- Nostalgies
- Vakkundig
- Teetyd kuiers
Aftrede en versigtigheid is ‘n netelige kwessie
Aftrede en versigtigheid is ‘n netelige kwessie of dalk is dit avontuurlustig. Hang af hoe die individue daarna kyk.
Elke jaar stroom mense die minder digte gebiede binne op soek na ’n nuwe rustige lewe na-aftrede.
AFTREDE
Dit is meestal afgetredenes wat wegtrek van die stede en die rot resies leefstyl waarvan hulle 40 jaar deel was. Ontvlugting. ’n Klompie jare gelede het ek so ’n paartjie ontmoet. Hulle het vir 40 jaar vir die Natalse parkeraad gewerk en na-aftrede Wes-Kaap toe getrek om hulle in die idilliese Ballots Baai te vestig.
Ballotsbaai is beeldskoon. Paradys op aarde. Die regte plek vir stadig lewe. Daar is egter net een ingangs en uitgangs roete – Een dun maer paadjie soos die Hel (Gamkaskloof) se pad. Bykans onherbergsaam. Kilometers aaneen. Geen winkels, hospitale, klinieke, dokters. Afgesonder van die wêreld.
Dinge het goed gegaan totdat die siektes en kwale begin het.
Dis waar alles begin skeef loop het vir die afgetrede paartjie. Dit het ambulanse langer as ’n driekwart uur geneem om hulle te bereik. Skielik was die paradys ’n nagmerrie. En toe breek daar ’n brand uit en hulle houthuis brand tot op die grond af met een van hulle geliefde hondjies binne vasgekeer. Sy verbrande lyk is 2 dae later in die puin gevind. Dit was die einde van hulle droom lewe. Hulle het teruggetrek Natal toe waar al hulle familie was. Mediese toegang en mobiliteit.
Aftrede en versigtigheid is ‘n netelige kwessie
Die Tante het my vertel dat hulle in hulle 40’s was toe hulle die plot in Ballots baai gekoop het. Dit het toe na ’n ideale plek gelyk vir aftrede. Dis waar die probleem lê lyk dit my. Mense droom drome terwyl hulle nog sterk en gesond is en reageer daarop en hou nie ingedagte dat die lywe en verstand ouer word nie en dis wanneer mens naby hulp moet wees nie. Dis ook nie net vêrafgeleë gebiede nie. Mense koop huise met klompe trappe op hulle oudag vir ’n uitsig en so meer.
Dalk is ek net nie avontuurlustig genoeg nie of te versigtig want ek wil tussen bekendes woon en waar medies, winkels en ander maklik toeganklik is.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you