Vakansie by die huis

0
(0)

Vakansie by die huis

Vakansie by die huis mag vir ander baie vervelig klink. Vir my is dit egter soos manna uit die hemel. Geen ver paaie om te ry nie, vol vakansie huise en geen onnodige geld uitgee op persente wat gaste nie van hou nie. Geen familie onderonsies nie.

Dis my eerste Kersfees tuis

Dus is dit vir my vakansie in my gunsteling plek – my huis. Ek kan rustig opstaan en klaar maak en dinge doen waarvan ek hou. Kersversierings maak, nuwe resepte uittoets en na hartelus boek lees. Kersstories kyk. Ek het in September, Oktober en November hard gewerk in my huis en tuin sodat ek die hele Desember met vakansie kan gaan – by my huis. Veilig en geborge.

Die afgelope drie jaar was baie besig

My Ma het baie gesondheids noodgevalle gehad waaraan aandag gegee moes word en dit het min ruimte gelaat vir myself. My Ma is nou in ‘n versorgingsoord in my tuisdorp en dit help baie. Ek besoek haar daagliks. Dis egter hanteerbaar. Dit het tyd geneem om balans te vind tussen al die verantwoordelikhede. Dis egter nou onder beheer.

Dit voel wonderlik om weer standvastigheid en balans terug te hê in my lewe

Mens besef nie altyd wat jy gehad het totdat jy dit verloor nie. Daarom waardeer en geniet ek my vakansie tuis. Lekker by my huis! Ek ontdek soveel nuwe dinge en belangstellings. Ek besoek die kersmarkte en geniet die atmosfeer al koop ek net ‘n pannekoek en koffie. Dis net lekker om te ontspan en deel van die feestelikheid te wees sonder al die ekstra sorge van die vorige jare.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads