Vrouens wat doen ons aan mekaar?

Vrouens wat doen ons aan mekaar?
Hoekom is daar vrouens wat so self vernietigend optree? Hoekom jouself en ander vernietig? Daar word gereeld gepraat en optogte gehou oor mishandeling van vrouens deur mans. Dit is egter net ‘n gedeelte van die probleem.
Tans is die kwessie van mans in vrouens se kleedkamers ‘n warm patat
- Dit is egter vrouens wat betoog vir biologiese mans wat identifiseer as vrouens om vroue badkamers in die publiek te gebruik. Dit slaan my dronk. Hoe kan enige vrou dink dis wys en reg? Wat van ons dogters?
- Dan is daar vrouens wat verneuk is in hulle verhoudings en dan omdraai en met getroude mans flankeer en ander vrouens se huwelike en verhoudings opbreek. Hoekom?
- Wat van vrouens wat keer op keer met dieselfde tipe man deurmekaar raak?
- Vrouens wat hulle eie meisiekinders op die altaar plaas vir geld, dwelms?
- Vrouens wat ander vrouens uitlewer en mishandel? Te dikwels is vrouens heel voor wanneer ander vrouens mishandel word. Tydens die Holocaust het verskeie vrouens die leiding geneem met die mishandeling en moord van ander vrouens en kinders.
Is dit nie tyd dat ons as vrouens verantwoordelikheid neem vir onsself nie? Moet ons stilbly of moet ons praat oor die onregte van vrouens teenoor vrouens. Self ondersoek. Bewustheid kweek van ons aandeel in die opbreek van families en die gemeenskap. Ons is deel van die probleem of ons nou daarvan of nie.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment