Rubrieke en kortverhale kry mense aan die lees

Rubrieke en kortverhale kry mense aan die lees. Nie almal hou daarvan om lang boeke te lees nie. Soms is daar ook net nie tyd nie. Besige lewens met min tyd vir jouself. Dis wat baie nie-lesers te vertelle het.
Lees is vir almal
Daar is selfs skrywers wat nie hou van lang boeke lees nie. Ek is nie ‘n groot storieboek leser nie en verkies nie-fiksie. Fiksie kortverhale prikkel wel my belangstelling en ek geniet dit selfs. In my jongdae het ek graag storieboeke gelees – Dricky Beukes, Ena Murray, Toek Blignaut om net ‘n paar te noem. Deesdae verkies ek geskiedenis, ware stories, reis verhale en so meer.
Kortverhale
Kortverhale is meestal fiktiewe stories alhoewel daar kortverhale is wat op die waarheid gegrond is. Soms werk kortverhale net beter om die beginner leser se aandag te trek en te behou. Kortverhaal bundels is een van my gunstelinge. Engela van Rooyen, Elise Muller en CJ Langenhoven kon mense betower met hulle kort skrywes.
Rubrieke
Rubrieke is weer meer geneig om op die waarheid gegrond te wees. Daar is egter ook rubrieke wat stories vertel van reis, opinies. Dis ‘n kort manier om mense bewus te maak van gebeure rondom ons.
Nataniel en Dana Snyman is goeie voorbeelde van rubrieke wat mense graag lees. Dis ontspannend en met tye selfs leersaam.
Dit maak jou nie ‘n beter leser deurdat jy ellelange boeke lees nie. ‘n Leser kan net soveel genot put uit kortverhale en rubrieke. Solank as wat ons net mense aan die lees kry en diegene behou wat voorheen gelees het en nou ‘n terugkeer maak in die wonderlike wêreld van lees.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment