Whatsapp wenke

Whatsapp wenke
Whatsapp wenke wat jou sal help om whattsup beter te benut en verstaan. Daar is baie verskuilde dinge om te ontgin. Deel gerus hierdie artikel met vriende en familie en las enige iets by in die kommentaar spasie wat jy dink ander kan help.
Privaatheid, Veiligheid en Sekuriteit
Whatsapp het soort van ‘n noodsaaklikheid in ons lewens geword en meestal is dit ‘n noodsaaklike hulpmiddel in ons daaglikse bestaan. Daar is egter ook ‘n ander kant waar dit ons lewens so oorheers met kennisgewings wat heeldag rondom ons af aangaan. Daar is ‘n groep vir die kerk, werk, buurtwag, biblioteek, munisipaliteit ens. Die verskillende groepe, vriende en familie met al die kennisgewings kan mens laat voel dat jy deel is van die Big Brother huis. Daar is net geen rus of privaatheid nie. Alles is egter nie verlore nie. Hier is ‘n paar wenke wat jou lewe rustiger en meer onafhanklik van Whatsapp kan maak.
Individuele boodskappe en instellings (settings)
Die blou regmerkies dui daarop dat die boodskap gelees of geluister is nie waar nie?
Ja en Nee
- Wanneer die blou merkies afgeskakel is en ons aanlyn status afgeskakel is sal niemand weet wanneer en of ons die boodskappe gelees het nie.
- Indien jou blou merkies afgeskakel is en alles privaat gestel is sal jou getikte boodskappe grys bly.
- Stem boodskappe sal egter steeds ‘n blou merkie wys selfs al het jy net ‘n gedeelte daarvan geluister het. Stem boodskappe wat nie geluister is nie bly egter grys.
Groeps boodskappe en instellings (settings)
- Groepe se blou merkies kan nie afgeskakel word nie.
- In groepe kan jy sien wie jou boodskappe gelees of geluister het. Kliek op die 3 kolletjies regs bo en kies info. Dit sal die name, dag en tye wys.
Lesse geleer
- Blou regmerkies gee ‘n vals sekuriteit dat die persoon jou boodskap gelees of stem boodskap geluister het. Die regmerkies verskyn sodra jy die boodskap oopgemaak het. Met stemboodskappe hoef die ontvanger net die begin knoppie te druk dan wys die regmerkies selfs al het die persoon glad nie of net gedeeltelik na die stem boodskap geluister.
- Jy is dus nooit 100% seker dat die persoon aan die ander kant van die boodskappe werklik ten volle na jou boodskappe geluister of dit gelees het nie.
- Gaan na settings en sit jou kennisgewings vir die groepe af. Dit maak ‘n groot verskil in jou lewe om nie elke 3 minute die aankondigings te hoor nie.
- Gaan na settings en kanselleer die read/receive blou merkies.
- Misverstande is baie maklik omdat niemand se gesigsuitdrukkings of bedoelings sigbaar is nie.
- Moenie op boodskappe of stem boodskappe vertrou om jou gevoelens of probleme uit te stryk nie
- Moenie op whatsapp boodskappe vertrou wanneer jy ‘n kuier wil organiseer nie. Tel die foon op en bel liewer om ‘n afspraak te bevestig of te maak.
- Probleme kan nie op whatsapp opgelos word nie. Daar is te veel gapings vir misverstande.
- Terwyl whatsapp ‘n plek in ons lewens het kan niks kom by gesig tot gesig kommunikasie nie.
Die lewe is net te kort om deur blou regmerkies regeer te word. Dit stoot net onnodig die stres vlakke op. Hoekom moet mense weet wanneer ons aanlyn is en wanneer ons boodskappe gelees of geluister het? Die ou manier van kommunikeer is beslis meer realisties en betroubaar. Dit bring ook ‘n rustigheid oor ons wanneer die klokkies nie aanhoudend lui nie. Ons het nie al die geraas in ons lewens nodig nie.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Amandaskrywer
10 September 2025 at 8:55 pmWhatsapp is deel van ons lewens – of ons nou daarvan hou of nie. Ons kan egter sorg dat whatsapp nie ons lewens oorheers nie.