3 Gedigte wat jy moet lees

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

3 Gedigte wat jy moet lees

Net soos lirieke kan gedigte jou ook aanraak. Ons het van die mooiste gedigte in Afrikaans en ons moet hulle koester. Ek deel graag 3 sulke gedigte met julle.

Totius – My kind is dood

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
dit brand soos ‘n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Die dae kom en die nagte gaan
die skadu’s word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg voort.

Maar daar skiet aldeur ‘n pyn in my hart,
so, dat my lewe se glans verdwyn;
Jou kind is dood met ‘n vreeslike dood!
En – ek gryp my bors van die pyn.

O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,
een straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer soos ‘n vlindertjie,
sy’t lugtig omheen geswerf;
‘n asempie wind kon haar vlerkies breek
en – kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis een uit die tienduisend-tal,
en ag, dat dit sy was, en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
dit brand soos ‘n pyl in my;
die mense die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Uys Krige – Plaashek

Bloedrooi die alwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie…net
‘n luggie wat
skrams aan die ritselende grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
‘n groen swier.
Niks stoor die yle swewende
Bergstilte hier.

Na al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
Om my hier by ‘n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad’wee van
‘n kremetart.
Die stilte in my’s volkome met
Niks troebels, niks verward.
Ek lig die knop…Ek maak
‘n hek oop in my hart.

Antjie Krog – Jy raak my nie meer nie

die haartjies op jou wange
die bitterwit huisies van jou mond
die warm holte van jou hand
die soet lepel van jou tong
die droë distel van jou liefde
roer my nie meer
jy het glansloos geword soos dié om jou.
En nou eers na al die baie stil dae
kan ek sonder hartseer
aan jou dink
en bly wees oor jy nie weet
hoe my lekhart leegbloei
in my oë.

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

1 Comment

  1. Amandaskrywer

    8 September 2025 at 7:39 pm

    Goeie digters kan ‘n storie vertel in ‘n paar strofes met net soveel passie en emosie as enige boekskrywer. Klink ‘n glasie op die digters wat soveel vermag met ‘n paar woorde. Wat is jou gunsteling gedig? Gesels saam

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!