Word weer ‘n kind

0
(0)
teetyd kuiers

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

Titel

word weer 'n kind

Word weer ‘n kind saam met jou kinders of kleinkinders.
Welkom by nog ‘n aflewering van teetyd kuiers hier vanuit my sitkamer. Kry vir jou ‘n koppie tee en iets te ete en kuier saam op hierdie Vrydag middag. Ontspan, die week is verby en die naweek lê voor.

Kinders vind geluk in eenvoud

Soos om saam met Ouma in die reën te hardloop en in plasse water te spring. My amper 2 jarige kleindogter kraai van die lekkerte wanneer ons Ring a ring a Rosie a pocket full of posies sing en neerval op die nat gras terwyl die reën druppels op ons koppe val.

‘n Paar minute se pret en plesier

Die herrinneringe van die plas in die reën sal die res van hulle lewens by hulle bly. My Ma het altyd gesê: “Mens het nie ‘n sambreel of reënjas nodig nie. Voel God se liefde op jou lyf”. Hoe waar is dit nie! Mens is nooit te oud om te leer nie en nooit te oud om weer kind wees te ervaar nie.

Stilbaai het ‘n skoppelmaai vir grootmense

My liewe Moeder kan skaars loop maar toe sy die skoppelmaai sien het die kind weer in haar navore gekom. Ons moes haar help om op te klim en toe kom dit sommer maklik. Buig die bene en maak hulle weer reguit. Sy lag uit haar maag uit en vreugde vul haar hele gesig.

Nog ‘n koppie tee of ‘n stukkie melktert vir iemand?

‘n Ander kinder lekkerte is om balonne op te blaas en hulle heen en weer te klap tot dit op die vloer beland. Dan spring ons daarop en skrik vir die bars geluid. So maak ons korte mette met ‘n pakkie balonne. So lekker! Ag mens, die lewe is tog te kort om nie meer die kind in ons uit te bring nie.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads