Wat van ’n kruietuin in die kombuis?

0
(0)

Wat van ’n kruietuin in die kombuis?

Wat van ’n kruietuin in die kombuis? Dis ’n vraag wat ek myself afgevra het nadat my kruie tydens ’n windstorm verwoes is. Ek is ’n beginner tuinier en ’n liefhebber van fynproewer kosse. Dus het ek gedink ’n kruietuin was ideaal. Dis nou totdat die windstorm al my planne omvêrgegooi het.

Fresh herbs really belong anywhere you put them. – Alex Guarnaschelli

Ek bly langs die kus waar ons koue nat winters en windstorms trotseer

Dit was egter nie net die windstorm nie – die weer hier is nie ideaal vir kruie nie. Die ander kant is ook dat ek nog sukkel om my weg te vind met my eie kruietuin. So kyk ek video’s en sien hoe mense kruietuine in hulle kombuise maak. My kombuis is egter klein en nie geskik vir so ’n projek nie. Ek het probeer kruie kweek in my vensterbank en dit het nie gewerk nie – die vensterbank is nie breed genoeg nie. Wat ’n ramp.

I grow herbs near the back door, and you can grow a wonderful selection of herbs and window boxes… My idea is that you should grow what you eat. – Mary Berry

My eetkamer is teenoor my kombuis geleë en is groot en oop met natuurlike lig. Aanvanklik was ek teen die idee gekant aangesien dit nie in die kombuis is nie. Gelukkig het ek gou oor die brein blok gekom soos die entoesiasme my beetgepak het. ’n Klein kompakte kombuis kan mos uitgebrei word na die eetkamer of hoe?

Dis nou waar ek nou is. Tans is ek besig om ’n kruietuin in my kombuis/eetkamer te skep waar die geure my huis kan vul. Hou hierdie spasie dop.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads