Warm eiervrug slaai

0
(0)

RESEP DEUR

Amanda

OPMERKINGS

Warm slaai vir die koue winter

Warm eiervrug slaai

warm eiervrug slaai

Warm eiervrugslaai is lekker bykos saam met braaivleis of as vulsel op tortillas of naanbrode vir vleisvrye Maandae. Terwyl hierdie slaai nie in almal se smaak sal val nie is dit ’n verfrissende anderse tipe slaai en die moeite werd om te probeer.

Bestanddele:

  • 2 ml Cayenne peper
  • 5 ml Fyn komyn
  • 10 ml Paprika
  • 1 ml Sout
  • 1 ml Swart peper
  • 200 ml Olyfolie
  • 1 kg Eiervrug
  • 1-3 Knoffelhuisies
  • 1 Ui

Metode:

  • Sny die eiervrug in ongeveer 1,5 cm skywe
  • Verhit die helfte van die olie in die pan
  • Braai bietjie van die eiervrug op ’n slag oor warm hitte tot goudbruin.
  • Voeg nog olie by indien nodig
  • Haal die warm pan van die stoof af
  • Verwyder die eiervrug uit die pan en sny in kwarte
  • Sny die ui op in klein stukkies
  • Verwyder die skil van die knoffel en druk dit plat
  • Plaas pan terug op die stoof
  • Gooi die knoffel en ui in die warm pan
  • Voeg die speserye by en braai vir ongeveer 2 minute
  • Gooi die eiervrug blokkies by en roerbraai vinnig sonder om te veel te roer
  • Skep in ’n opdienbak
  • Sous
  • 1 suurlemoen se sap en skil
  • 60 mℓ olyfolie
  • 2 mℓ brandrissievlokkies
  • Sout en peper na smaak
  • Meng al die bestanddele saam
  • Gooi oor die warm eiervrug en roer liggies deur

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Soms moet ons bietjie uit ons gemaksone klim en ongewone kombinasies ’n kans gee Die brandrissie vlokkies kan gerook wees – dit gee ’n lekker smaak en aroma aan die slaai Sommige mense hou van eiervrug met die skil ander hou nie van die smaak nie. Doen wat vir jou lekker is Dit kan opgedien word met koljander blare indien verkies

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

3/5

OPMERKINGS

Marokkaanse geure en tangy smaak

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads