Wat as die internet sy deure sluit

Wat as die internet sy deure sluit
Wat as die internet sy deure sluit? Gaan die wêreld ontplof en uit mekaar val? Onthou jy die tyd voor die Internet? Maak jou oë toe en dink wat het ons gedoen voor die Internet ons lewens oorgeneem het. Dit het sy voor en nadele. Verskeie geleerde mense waarsku teen die invloed op die kinders, die grootmense en ook die samelewing in geheel.
Wat as die Internet sy deure sluit
Daar is mense wat voel dit het heeltemal hand uitgeruk en moet hersien en selfs oorbegin word. So wat gaan van die mensdom word? Jy maak jou oë toe en weg is die toegang tot sosiale media, slim fone, aanlyn koerante en boeke, YouTube. Hoe gaan jy oorleef in die wêreld? Dink aan diegene wat gebore word en groot word in hierdie visuele tyd. Die mense sal nie weet wat om met hulleself aan te vang nie. Geen vermaak met die druk van ‘n knoppie nie.
Sekere lande het rehabilitasie sentrums spesiaal vir dit
Mense kan hierdie rehabilatasie sentrums besoek en detoks. Daar word hulle geleer om te oorleef sonder konstante internet deur deel te neem aan sport, lees, selfs bak en kook. Die vraag is egter of hulle na die tyd weer gaan verval in ou gewoontes of gaan hulle leer om dinge te balanseer?
Ek dink meeste van ons wat sonder die Internet groot geword het sal dit reg kry om weer aan te pas en vreugde te vind in die eenvoudiger dinge.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment