Omarm alleen tyd

Omarm alleen tyd
Omarm alleen tyd en word vreesloos. Mens hoef nie bang of angstig te wees om tyd met jouself te spandeer nie. Inteendeel. Wanneer jy alleen is kan jy hoor en verstaan wat jy nodig het sonder die geraas rondom jou.
“My alone feels so good, I’ll only have you if you’re sweeter than my solitude” Warsan Shire
Introverte geniet dit om alleen te wees en hulle verstaan die waarde van alleen tyd. Ekstroverte sukkel ietwat met die konsep om jou eie geselskap te geniet. Hulle voel verfris wanneer hulle tussen mense is.
“There is lonely, and there is alone time. I have found that both have etched character upon my soul.” ― Alfa
Daar is ‘n verskil tussen alleen en eensaam wees. en almal selfs ekstroverte voel soms eensaam selfs in die middel van ‘n groot groep mense. Alleen tyd is nie selfsugtig nie en beteken nie jy is abnormaal nie. Wie kan jy 100% vertrou? Jyself. Wie is 100% lojaal aan jou? Jyself. Wie dra jou belange 100% op die hart? Jyself. Dus verdien jy om spesiale tyd met jouself te spandeer. Jouself beter te leer ken en verstaan. Vertel jou drome en ideale vir jouself. Jy gaan jou hele lewe lank jouself met jou saamdra. So omarm alleen tyd.
“Even when it seems that there is no one else, always remember there’s one person who never ceased to love you – yourself.” ― Sanhita Baruah
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment