Worsie pies

RESEP DEUR
Amanda
OPMERKINGS
Oorspronklike resep
Worsie pies

Worsie pies is die naam wat my 9 jarige kleinseun vir hierdie resep gegee het. Aangesien ek dit vir hulle gemaak het volstaan ons by hierdie naam al is dit Afrikaans en Engels gemeng. Kinders is alewig honger en wanneer hulle van die skool afkom grom daardie magies vir iets lekkers. Ek deel graag hierdie resep met julle. Geniet dit!
Bestanddele:
- 1 rol puff pastry ontvries
- 6 rooi Weense worsies
- Tamatiesous
- Mayonnaise
- 1 geklitste eier
Metode:
- Voorverhit die oond op 180 C
- Smeer ’n bakplaat met botter of spuit dit
- Rol die pasteideeg oop en sny in 12 dele
- Meng 2 eetlepels tamatiesous met 1 eetlepel mayonnaise en smeer op elke deel van die deeg
- Sny elke worsie in die middel deur
- Sit ’n worsie op elke deel van die deeg en rol op
- Plaas op bakplaat
- Smeer geklitste eier oor elke rolletjie
- Bak vir 10 minute tot goudbruin
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Verander die rooi worsies na gerook indien so verkies Bedien warm Die resep is vir 12 worsie pies

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
Hierdie resep het die toets met vlieënde vaandels geslaag by my kleinkinders dus tel dit as een van my wenresepte. Vinnig, maklik, bekostigbaar
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment