Stanley cup mammas

Stanley cup mammas
Huis mammas het ‘n nuwe gesig en naam. Weg is die huis mammas wat self hulle huise skoon gemaak het, koek gebak het vir die skool se basaar en gehelp het om kinders na sport byeenkomste toe aan te ry. In hulle plek is die moderne tuis bly Ma
Stanley cup mammas
Ontmoet die nuwe geslag huis mammas. Hulle klim met hulle stanley cups uit hulle Ford Rangers om hulle kinders by die skool te gaan haal. Aangetrek volgens die nuutste modes, naels perfek geverf in neon kleure. Hierdie mammas help met skool funksies en ontwerp die sport klere – ten duurste. Die mans werk oorsee op olie bore en verdien mega dollars waarmee hulle die vrouens en kinders voed en klee en vir die vrouens ere status in die gemeenskap gee.
Die Stanley cup mammas werk nie buite die huis nie
Hulle koop kos by Woolworths, die huise is in gesogte areas, die kinders behoort aan al wat ‘n klub is. Wanneer hulle agter die stuur van die Ford Ranger inskuif neem mense notisie van hulle. Dit laat hierdie mammas belangrik voel. Hulle het die status sonder dat hulle in raadsale hoef te sit. Hulle sien neer op werkende Mammas.
Dis ver verwyderd van die tyd toe ons huis mammas was en by die skool se snoepie en klerebank diens gedoen het – sonder vergoeding en sonder die status. Werkende Ma’s het neergesien op ons – hulle loopbane het vir hulle waardasie gegee.
So het dinge verander deur die afgelope klompie jare. Nou het die nuwe geslag huis mamma’s die status. Dis vreemd hoe die lewe in sirkels loop en dieselfde dinge nou anders lyk.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment