Moenie aftree nie

Moenie aftree nie
Skaal af, vat dinge rustiger, doen goed waarvan jy hou, doen nuwe dinge maar moenie net op jou alie sit nie. Te veel mense tree af en sink weg in niks doen wat omsit in depressie en naderende dood.
Mense het vir 40 jaar of meer gewerk en dit was hulle hele lewe. Alles het oor die werk gegaan. Werksmense was dikwels ook vriende. Jy raak gewoond aan die roetine van jou werk en die sekerheid wat dit bied veral ons wat in die staatsdiens gewerk het.
Afrede is ‘n skok op jou lyf
Alles verander na aftrede. Jy mag Kaptein of Besturende Direkteur in jou werk gewees het. Na aftrede beteken jou titels,grade en diplomas absoluut niks nie. Jy verloor jou sekerheid en status. Daarom is dit belangrik om voor te berei op jou fisieke aftrede en nuwe doelwitte te stel.
Moenie aftree nie
Groet jou vorige werk en begin iets nuuts. Fotografie, Skryf, Navorsing, Naaldwerk. Enige iets waarin jy belangstel en dis wat lekker is. Jy kan dan uiteindellik doen waarvan jy hou, op jou eie termes. Die ideaal is om ten minste 2 jaar voor jou fisieke aftrede reeds deeltyds met ‘n nuwe “loopbaan” te begin. Dan is jou fisieke aftrede nie so ‘n groot skok op jou lyf nie – eerder net ‘n oorgang na jou nuwe vryer lewe.
Omarm jou aftrede en maak die beste van die jare wat voorlê. Geniet jou nuwe lewe
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

raspberryshinyd3a7a2a62b
3 December 2025 at 11:41 amHoe waar is dit nie vriendin.
Amandaskrywer
4 December 2025 at 2:37 pmDit is ja. Mens moet na jouself omsien want niemand anders gaan nie..