Mini brooddeeg pizzas

RESEP DEUR
Amanda
OPMERKINGS
Kleinkinders se gunsteling
Mini brooddeeg pizzas

Mini brooddeeg pizzas is goedgekeur deur my kleinkinders. Kinders is alewig honger – gedurig op soek na iets om aan te knibbel. Dus moet mens soms buite die boks dink en iets prakseer wat vinnig, maklik en goedkoop is om honger magies vol te maak.
Bestanddele:
- 1 pak winkel brooddeeg – my kleinkinders verkies wit brooddeeg
- Tamatiesous
- 1 klein rol Franse polonie
- Gerasperde geel cheddar kaas
- Aromat
Metode:
- Stel oond op 200 C
- Smeer n bakplaat met botter of olyfolie
- Rol klein balletjies van die brooddeeg
- Plaas op gesmeerde bakplaat en druk plat.
- Laat rus vir 30 minute
- Bak in oond vir ongeveer 10 tot 15 minute tot ligbruin
- Haal uit oond en laat ietwat afkoel
- Sny elke mini pizza in die helfte deur en plaas binnekant na onder terug op bakplaat
- Bak vir nog 3 minute
- Haal uit oond en smeer elke pizza met tamatiesous na smaak
- Rasper Franse polonie en kaas en meng
- Sit polonie en kaas mengsel op pizza en sprinkel met aromat
- Sit terug in oond en bak tot die kaas gesmelt is
- Bedien warm
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Jy kan die polonie met ham vervang of enige iets anders waarvan jou mense hou Tamatiesous met mosterdsous en mayonnaise kan ook lekker wees as die basis sous Ek hou daarvan om die polonie met die kaas te meng voordat ek dit op die pizzas sit omdat dit net beter werk so. Doen egter wat vir jou gemaklik is
- Een pak winkel brooddeeg maak ’n klomp mini brooddeeg pizzas en dit kan ook gevries word.
- Kinders hou ook daarvan om self hulle eie pizzas te maak – dis groot pret.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Maklik om te maak
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment