Kinder ontvoering

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Kinder ontvoering

Kinder ontvoering is onmenslik, en gevul met trauma. Vir die ouers en die kinders. Die ontvoerder se familie word ook betrek. Daar is geen wenners nie. Waarom dan doen iemand iets so onmenslik, traumaties en krimineel? Deur die jare was daar baie kinder ontvoerings. Vandag is die fokus op kinders wat ontvoer en teruggevind is en die gevolge vir almal betrokke.

Michaela Hunter

Michaela was net ‘n paar dae oud toe sy uit die hospitaal en haar ma se arms gesteel is. Die ontvoering het massiewe media dekking geniet. Dit was hulle eersteling en emosies was rou. Twee jaar later is sy wonderbaarlik teruggevind. ‘n Foto sessie met die wonderwerk kleuter het gevolg met die ouers, Michaela en haar baba boetie voor die flitsende kameras. ‘n Boek oor Michaela is gepubliseer. Daarna het die ouers en hulle kinders onttrek uit die kollig en enige verdere navrae hoflik van die hand gewys.

Zephany Nurse

Zephany is ook uit die hospitaal gesteel ‘n paar dae na haar geboorte. Soos Michaela was sy ook die eersteling van haar ouers. Sy is teruggevind na 17 jaar nadat haar biologiese suster in dieselfde skool as sy was en verskeie kinders en onderwysers opgelet het hoe baie die twee na mekaar lyk. Dit was ‘n wonderwerk op sy eie. Tog was die hereniging tussen Zephany en haar biologiese ouers nie die sprokie wat almal gedink het nie. Haar biologiese ouers en hulle ander kinders het elke jaar haar verjaarsdag gevier en gebid vir die dag wat hulle weer vir Zephany sou sien.

Zephany en haar biologiese ouers het gesukkel om mekaar te verstaan en sy was steeds lief vir die ouers wat haar groot gemaak het – selfs nadat haar grootmaak Ma tronk toe gestuur is. Dit het wrywing tussen haar en haar biologiese ouers veroorsaak.

Die tyd wat haar grootmaak Ma in die tronk deurgebring het, het egter vir Zephany en haar biologiese ouers gehelp om mekaar te leer ken en wedersydse begrip te kweek.

Michaela en Zephany is net 2 van duisende kinder ontvoerings in Suid Afrika. Terwyl albei weer met hulle ouers herenig is kan die vraag tereg gevra word: Waarom steel ‘n vrou ‘n ander vrou se baba?

In albei bogenoemde gevalle was dit blykbaar uit selfsug en radeloosheid om die man in hulle lewens te behou en in albei sake het die mans hulle gelos nadat die waarheid uitgekom het. So was dit werklik die moeite werd? Die vrouens is gebrandmerk as kinder diewe. En wat van al die verwoesting wat hulle veroorsaak het? Nie net is die biologiese ouers en die gesteelde kind se lewens vir altyd verander nie. Dit het ook uitgebrei na die res van die families, die broers en susters. Dan is daar ook die families van die grootmaak ouers. Hulle lewens is ook hierdeur geraak.

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!