Boelies floreer steeds

Boelies floreer steeds. Veral in skole en universiteite.

Boelies floreer steeds. Veral in skole en universiteite. Moenie geflous word deur kennisgewings wat lui: Hierdie is ‘n boellie vrye skool. Boelie gedrag word nie geduld nie.
23 jaar gelede
Alhoewel daar kinders in my skool was wat soms lelike dinge kwyt geraak het, het ek eers werklik bewus geraak van boelies nadat my dogter oor ‘n tydperk van weke deur ‘n kind in haar klas geboelie is. Dit het geleidelik begin met my dogter wat soms hartseer van die skool af gekom het. Dit het egter al erger geword. Haar kos is pousetyd platgetrap, sy is vasgekeer in die toilette en nog later het dit fisiek geraak.
Mamma ek wil nie meer skool toe gaan nie
My dogter het gedreig om haarself dood te maak. Sy was fisies siek. Ek het ‘n afspraak met die klas juffrou gemaak. Dit het niks gehelp nie. Ek is skoolhoof toe. Hy was vyandig teenoor my en my beskuldig dat ek die skool se naam wil sleg maak en dat die boelie niks verkeerd gedoen het nie. My dogter is daarvan beskuldig dat sy stories opmaak. Dit het later so erg geraak dat ek my kind uit die skool moes haal. Jare later sou die waarheid onverwags uitkom. Die skoolhoof en die boelie se ouers was huisvriende.
Boelies floreer steeds
In 2025 is ‘n familielid se kind by die skool geboelie. Ek het dit weggelag. Nie daardie skool nie. Hulle is streng op boelies. Kyk net al die kennisgewings. Groot was my ontnugtering toe dieselfde van 23 jaar gelede weer gebeur. ‘n Ander skool met ander kinders. Dieselfde gedrag van die skoolhoof en onderwysers. Hoe is dit moontlik? Hoe kan die slagoffer weereens uitgebeeld word as die verkeerde ene en die boelie die slagoffer word?
Selfs met al die navorsing en opleiding oor boelies sukkel skole steeds om boelies te identifiseer en verantwoordelik te hou.
- Dikwels is daar botsing van belange tussen van die personeel en die boelie
- Wanneer daar verskillende rasse by betrokke is verkies skole om eerder hulle kop in die sand te druk. Hulle is bang om as rassiste gekenmerk te word.
- Slagoffers word dikwels daarvan beskuldig dat hulle die oorsaak is van die boelie se gedrag.
- Dis duidelik dat ten spyte van al die boelie papiere en opleiding is die skole steeds nie ingerig om slagoffers te beskerm nie. Onbevoeg of is hulle dalk net onwillig om die slagoffers te help?
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment