Gevulde brood pakkies

0
(0)

RESEP DEUR

Internet

OPMERKINGS

Daar is verskeie weergawes. Oorsprong onbekend

Gevulde brood pakkies

gevulde brood pakkies

Gevulde brood pakkies is ‘n gunsteling by my kleinkinders. Goedkoop en maklik om te maak. Hierdie resep het ek op die Internet raakgeloop en probeer. Die resultate was eintlik beter as wat ek gedink het. Ek het wel hier en daar iets verander om my behoeftes te pas. My kleinkinders het hulle lippe behoorlik afgelek.

Bestanddele:

  • Aromat
  • 1 Eier
  • 10 snye brood
  • 125 mℓ gerasperde geel cheddar kaas
  • Franse polonie – gerasper, weense worsies opgesny
  • Brood krummels
  • Kookolie (nie olyfolie nie)
  • Tamatiesous
  • Mayonaise

Metode:

  • Plaas 2 snye brood opmekaar en rol effens met koekroller
  • Klits die eier en sprinkel met aromat
  • Gebruik ’n  middelmatige vierkantige of ronde koekdrukker en druk vorms daarmee uit die brood
  • Rol die broodvorms in krummels en dan in die geklitste eier.
  • Sit jou pan op stoofplaat op middelmatige hitte en voeg bietjie olie by
  • Braai die gedoopte brood aan weerskante en plaas op handdoek papier om te dreineer
  • Sny elke broodvorm in die helfte – dit sal lyk soos ’n oop sakkie
  • Meng jou vulsel en plaas in elke brood pakkie van die vulsel
  • Bedien louwarm

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Hierdie resep is gou en maklik om te maak en baie koste-effektief. Gebruik enige oorskiet vleis vir die vulsel Vir volwassenes kan jy bietjie uie/mushrooms/tamatie/mosterd in bietjie botter braai om by die vulsel te voeg vir ekstra geur of enige ander kombinasie saam met hoender byvoorbeeld. Wees versigtig om nie die brood te dun uit te rol nie – die brood moet opblaas tydens die braai proses en as dit te dun uitgerol word kan hulle nie opblaas en pakkies maak nie.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Hierdie is ’n absolute wenner vir besige Ma’s en Ouma’s. My kleinkinders hou nie van uie of slaaiblare (groen goed) nie dus gebruik ek koue vleis of Weense worsies.

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!