Ek is ‘n pleegma van voëls

ek is 'n pleegma van voëls

Ek is ‘n pleegma van voëls. Dit het net gebeur. Ek het in 1995 aangebou aan my huis en weens ‘n sameloop van omstandighede het dinge nie gebeur soos dit moes nie.

DIS HOE DIT GEBEUR HET

Tydens die aanbouiings het die bouers vergeet om die “facer board” aan die buitekant van die dak op te sit en toe te maak. Dis ongeveer 1 meter lank en 30 sentimeter breed. Ek het nagelaat om die dak na te gaan. (Ek verkies om te glo hulle het vergeet om dit toe te maak)

DAAR’S IEMAND IN DIE DAK

Meer as 6 maande later het ek geluide in die dak gehoor en ek en die kinders het eenkant in ‘n hoekie gesit, te bang om te beweeg. Bewend het ek die Polisie gebel en gesê dat ek dink iemand is besig om in te breek. Die Polisie het met skreeuende bande in ‘n rekord tyd stilgehou en met wapens in die hand in die dak geklim.

DIE “SKELMS” WORD ONTMASKER

Groot was my en die Polisie se verbasing en verligting toe die skelms ontmasker is as ‘n familie duiwe. Daar was ‘n Pappa en Mamma duif met 3 baba’s. Die Polisie wou hulle verwyder maar ek kon dit nie oor my hart kry nie.Dus het die baba’s groot geword en die nes verlaat waarna ‘n nuwe voël gesin sy intrek geneem het.

DIE DAK IS TOE NOOIT TOE GEMAAK NIE

Elke keer net soos ek gedink het, die kraamsaal is nou leeg en dat ek nou die dak kan laat toe maak het ‘n nuwe gesin sy intrek geneem. Deur die jare het duiwe, hadidas, vinkies, swaeltjies en selfs poue hulle baba’s in my dak groot gemaak.En so het dit net gebeur: Ek is ‘n pleegma van voëls.

MY DAK KORT AANDAG

Die vermiste “facer board” het veroorsaak dat my ceiling binne in my huis sulke swart strepe het. Ek het ‘n bouer laat uitkom en hy het aanbeveel dat ek eers die “facer board” regmaak voordat ek die ceilings binne verf. Glo my ek wil dit graag doen maar ek wil nie die voëls in die steek laat nie. Hulle broei al meer as 20 jaar in my dak.

DAAR IS MEER

My stuk oor ‘n Lewe van dankbaarheid sluit baie goed hierby aan. Birds of Eden in Plettenbergberg baai is ‘n belewenis wat jy moet sien.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.