Bejaardes hou van hulle eie goed

0
(0)

Bejaardes hou van hulle eie goed. Hulle heg waarde aan die bekende dinge in hulle lewens. Veral in die laaste jare. Bykans elke dag loop ek nog ‘n Tannie of Oom in die ouetehuis raak wat so ‘n versugting maak.

Kinders bedoel meestal goed.

Wanneer kinders hulle ouers in die ouetehuis sit wil hulle dit so gemaklik vir hulle ouers maak in hulle laaste jare. Nuwe beddegoed, kassies, rakkies en selfs klere. Dikwels die beste wat geld kan koop. Die oumensies spreek hulle dank uit teenoor hulle kinders. Dit is egter nie wat hulle he nie. Oumensies wil hulle eie goedjies waarmee hulle al jare saam kom by hulle he. Die nuwe goed is nie wat hulle nodig het nie. Hulle voel geborge met hulle eie goed. Nostalgies en vol herrinneringe.

My Ma het vir jare in ouetehuise gewerk en is nou self in ene naby my

Ek besoek my Ma daagliks en praat met talle oumensies en bogenoemde is hulle grootste versugting. Heimwee na hulle eie goed. Die nuwe goed is vir hulle vreemd en nie deel van hulle nie. Behalwe dat dit mooi is en hulle kinders se bedoelings goed is, heg hulle geen waarde daaraan nie. Hulle wil nie die kinders seer maak nie, daarom gee hulle voor dat hulle daarvan hou en die opoffering waardeer. Die oumensies wil egter in hulle laaste tyd op aarde geborge voel met hulle eie goed. Die gesigte straal wanneer hulle vertel van die spesiale kassie uit hulle kinder dae of die trui wat hulle self gebrei het. Hulle goedjies is hulle identiteit.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading