Aartappel mayo gebak

RESEP DEUR
Uitknipsel
OPMERKINGS
Oorsprong onbekend
Aartappel mayo gebak

Aartappel mayo gebak het een of ander tyd in ’n tydskrif verskyn en sy opwagting in my resepte boks gemaak. Dit het jare daarin gelê totdat ek besluit het om dit te maak en te sien of dit die moeite werd is.
Bestanddele:
- 30 ml Koekmeel
- 310 ml Melk
- Na smaak Sout
- Na smaak Peper
- 30 ml Botter
- 5 medium Aartappels
- 125 ml Mayonnaise
Metode:
- Voorverhit oond tot 180°C
- Smeer ‘n oondvaste bak
- Smelt botter in pan
- Voeg meel by en roer tot glad
- Voeg melk geleidelik by en roer tot dit dik word
- Geur met sout en peper
- Verwyder van plaat en roer mayonnaise by
- Skil aartappels en sny in skywe
- Plaas aartappels in oondbak
- Gooi melk mengsel bo oor
- Bak ongeveer 20 minute lank of tot goudbruin
- Dien warm op
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Hierdie gereg gaan goed saam met vleis veral in die winter Die aartappels kan ook met skil opgesny word indien verkies.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
Maklik, goedkoop en lekker
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment