Hou jou huis privaat

0
(0)

Hou jou huis privaat. Wees uitsoekerig vir wie jy jou deure oopmaak Moenie mense toelaat om vir ‘n onbetaalde tyd te bly nie. My Ouma het ons gereeld gewaarsku.

Wees vriendelik en behulpsaam teenoor almal. Gee kos vir die honger mense en deel jou klere uit. Hou jou huis egter privaat. Dis jou veilige plek en jy moet dit beskerm.

Ouma het veral daarop klem gelê dat jy nie moet toelaat dat mense by jou intrek nie. Selfs al ken jy hulle vir jare. Dis moeilikheid wat wag om te gebeur. Daar is net te veel dinge wat verkeerd kan gaan. Te veel risiko’s

  • Dis nie so maklik om weer van mense ontslae te raak wanneer dinge skeef loop nie.
  • Dit kan jou familie negatief beïnvloed veral waar kinders by betrokke is.
  • Jy leer mense eers werklik ken wanneer julle onder dieselfde dak woon.
  • Jy plaas onnodige stress en spanning op jou en jou familie.
  • Indien iemand langer as 6 maande in jou huis woon word hulle deur die wet gesien as permanente inwoners.
  • Die kostes om van iemand ontslae te raak is enorm en kan jare duur. Jy sal ‘n prokureur moet kry om jou te help en dit is glad nie goedkoop nie.

Bogenoemde mag klink na ouvrou stories. Dit is egter die realiteit. Daar is net te veel dinge wat kan verkeerd gaan: jou familie se lewens kan omver gegooi word, onnodige finansiële uitgawes, spanning en angs. Hoekom wil mens enigsins so ‘n reuse risiko neem?

Ek stem saam met Ouma. Hou jou huis privaat en veilig terwyl jy steeds ander help met kos, klere en vriendelikheid.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads