Selfone in geselskap

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Selfone in geselskap

Selfone in geselskap is ‘n euwel van die 21ste eeu wat byeenkomste oorheers en ontwrig. Mense kom kuier met selfoon in die hand. “Wat is jou Wi-fi password”? Die eienaar van die selfoon is nie ‘n Dokter of Brandweerman nie. Dis een van die gepeupel – ‘n gewone mens met ‘n gewone werk. So wat is die nood dat hy heeltyd deur sy foon moet blaai? Ek dog dan ons gaan lekker kuier.

Selfone dien ‘n doel

Moenie ‘n fout maak nie. Ek is pro selfoon. Dit het ons lewens beter gemaak. Weg is die gesukkel by telefoon hokkies en geld wat ingesluk word, lang rye mense wat buite in die reën hulle beurt afwag. Kinders is nou altyd bereikbaar en ouers is net ‘n oproep weg. Ek praat eintlik van dom fone en nie slim fone nie. Daardie fone wat kan oproepe ontvang en waarvandaan jy kan bel.

Slimfone en geselskap

Dit gebeur te veel dat ek by mense kom (genooi vir ‘n kuier) en die mense sit heeltyd op hulle fone en speel. “Praat ek luister”. Ek antwoord: “Maak eers klaar” Selfoon verslaafde: “Ek kan multi task”. Dit voel of ek gaan ontplof. Hoekom my nooi vir ‘n kuier as jy net heeltyd op jou foon besig is? Tydens Parkrun is daar ‘n Pa en seun. Pa hardloop en kyk en praat heeltyd op sy foon – oor rugby en vanaand se braai. Terwyl Boeta vir sy Pa die mooi woud probeer wys. Watter voorbeeld stel Pa vir sy seun?

Dis die volwassenes wat selfone soos ‘n hart-long masjien gebruik wat my die hoenders injaag. Die lewe gaan verby terwyl die selfoon (as instrument in die hande van mense) misbruik word er families en byeenkomste uit mekaar skeur. Kinders sien wat hulle ouers doen.

Explore/Kuier verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads