Goeie vriende is skaars

Goeie vriende is skaars
Goeie vriende is skaars. Ware vriende wat deur dik en dun by jou sal staan. Jy kan baie mense ken. Almal is egter nie vriende nie en nie almal dra jou belange op die hart nie. Slegs ware vriende verdien ‘n plek aan jou tafel.
Die Bybel vertel ons van vriende in Spreuke 17:17 tot 18
Kies jou vriende versigtig. ’n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan. Soos ’n goeie broer is hy altyd by jou. ’n Mooiweersvriend sal jou net ondersteun terwyl dit goed gaan. Pas op vir finansiële risiko’s, vir lenings waaraan jy swaar afbetaal. Moet tog nie vir iemand borg teken nie. Dit is ’n dom ding. Jy gaan aan die kortste ent trek. Wie mense beledig, lok rusie uit. Wie baie van homself dink, word verneder.
’n Mens wat met niks tevrede is nie, sê nooit iets goeds van ander nie. Hy kraak net heeltyd af. Niks is ooit reg nie. Later wil niemand met hom bevriend wees nie. Dit is nie lekker vir ouers as ’n kind die Here verwerp en nie weet hoe om reg te leef nie. Dit maak hulle diep ongelukkig. Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak. ’n Slinkse mens kan maklik omgekoop word. Hy sal selfs die waarheid vir ’n paar rand verdraai. Die gelowige wil graag reg leef. Hy soek heeltyd na wysheid.
’n Dwaas stel net in oppervlakkighede belang. ’n Ongelowige kind is vir sy ouers ’n groot hartseer. Partykeer is hy ook ’n groot verleentheid vir hulle. Dit is sleg as onskuldige mense ly, as gerespekteerde mense onbillik behandel word. Wie let op wat hy sê, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl. Selfs ’n dwaas tree reg op wanneer hy sy praatlus bedwing. As hy geheime kan hou, is hy slim.
Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer. – Spreuke 18:24
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment