Te oud om te reis

Te oud om te reis

Te oud om te reis. Watter ouderdom is ons te oud om op reis te gaan? Ek praat nie van reis na ‘n naburige dorp nie. Nee, eerder alleen reis na ander lande. Mense bo 60 en ouer selfs 80 en ouer hou van reis – na aanleiding van al die inligting beskikbaar vir reis in bogenoemde ouderdoms groep.
Nomadsister: The secret? Listen to your body, travel at your own pace, choose suitable destinations. Don’t let anyone discourage you. My children finally understood that these trips made me happy and more fulfilled.
Dit het nog nooit eers by my opgekom om oorsee te gaan nie – en beslis nie om alleen te reis nie
Dit is ook nie so algemeen vir Suid Afrikaanse Seniors om alleen te reis nie. Wel in groeps verband en in georganiseerde toer groepe en dan meestal in Suid Afrika. Daar is natuurlik uitsonderings en ek haal my bewende hoed af vir hulle.
Senior solo travel: One suggestion that readers offered was to exercise a reasonable amount of caution and take things a bit slower as a senior solo traveler. It makes sense to be a bit more careful but it also makes sense to slow down for the joy of it. What’s the rush?
Sal ek ooit my rugsak pak en alleen begin reis?
Terwyl ek in my huis sit op hierdie oomblik, dink ek nie ek het die moed om dit te doen nie. Mens weet egter nooit wat oor jou oad kom nie. Vir nou is ek egter dood tevrede om van my rusbank af te reis.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Stories Uit My Wêreld
18 March 2026 at 9:27 amFrankryk, Nederland, België is daar nie vêr loop met baie bagasie nie. Die busse en treine is gerieflik, altyd ‘n busstop naby, altyd op tyd en jy kan met ‘n rolstoel reis. Die treine se ingange is gelyk met die platvorms en die busbestuurders klim uit en laat die ramp vir jou sak om jou rolstoel in te kry, Busse en treine het ook spesiale plek vir rolstoelle. Ierland is egter die hoogtepunt. Daan huur jy ‘n kar op die lughawe (hulle het my Suid Afrikaanse lisensie aanvaar} en toer die land. As jy by ‘n hotel of gastehuis kom, stop jy buite en bel die nommer, dan vra jy of hulle geriewe rolstoel vriendelik is. Oral is daar mense wat help en raad gee. On Nederland het ‘n Shinese vrou in gebroke Engles vir ons aanwysings gegee.
Amandaskrywer
25 March 2026 at 3:51 pmSo baie dankie vir al die ekstra info. Dit sal beslis baie ouer en alleen reisigers help. Dalk net dalk pak ek ook ‘n reis tas vir die vreemde.