Souserige suurlemoen poeding

RESEP DEUR
Internet – bak en brou
OPMERKINGS
Hierdie resep het ek aanlyn gekry op meer as een plek en met klein veranderinge hier en daar.
Souserige suurlemoen poeding

Bestanddele:
- 70g botter
- 180ml strooisuiker
- Sap en skil van 2 suurlemoene
- 3 ekstra-groot eiers, geskei
- 60ml koekmeel
- 180ml melk
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 grade
- Smeer ‘n medium diep oondbak goed met botter.
- Room die botter en suiker saam tot romerig
- Voeg die suurlemoenskil en eiergele by en klits goed
- Voeg die meel, melk en suurlemoensap by en klits goed
- Klits die eierwitte in ‘n aparte bak tot stywe punte vorm en vou by die suurlemoen mengsel in.
- Gooi in die oondbak. Plaas die bak met die beslag in ‘n groter oondbak met water onder in.
- Bak tot gaar – 45 minute tot 1 uur
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Ek het suurlemoene uit my tuin gebruik. Eureka suurlemoene. Twee suurlemoene was volgens my smaak net te kragtig. My kiewe het ietwat styf getrek en ek sal volgende keer net 1 suurlemoen gebruik. Natuurlik maak die grote van die suurlemoene ook saak.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Afgesien van die kragtigheid is die poeding heel lekker en baie souserig. Heerlik saam met vanielje roomys of room.
Explore/Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

scrapydo2.wordpress.com
15 November 2025 at 8:54 amDis juis suurlemoene tyd. Baie mense het ‘n boompie en deel uit. Klink na lekker poeding.
Amandaskrywer
4 December 2025 at 2:34 pmDis n anderse tipe poeding. Ietwat aan die suur Kant maar saam met roomys heerlik