Skryf platforms webblad of beide?
Skryfplatforms webblad of albei?

Skryfplatforms webblad of albei? Dis die gesprek wat nou die dag op die kommentaar gedeelte van ‘n skrywer se sosiale media gesien is. Die antwoorde was insiggewend. Dit is weliswaar so dat meeste lesers ook skrywers is en ons ontmoet mekaar op gemeenskaplike plekke hetsy aanlyn, die biblioteek of kunstefeeste.
Skryfplatforms
Webanswers, Bubblews, Hubpages, Quara, Blogger, sosiale media is net ‘n druppel in die emmer. Daar is baie meer. Terwyl sommige mense die platforms as ‘n wegspring blok gebruik om hulle voet in die deur te kry, is dit vir ander ‘n permanente skrywers tuiste. Skryfplatforms bied die skrywer blootstelling en toerusting. Die skrywer se werk word gratis vertoon en die skryfplatform dra alle kostes verbonde. Terwyl skrywers oor die algemeen kopiereg op hulle skryfwerk het, is die winste hoofsaaklik die van die platforms.
Webblad
Dit kos ‘n paar Rand om ‘n webblad aan die gang te hou. Blootstelling en bemarking is die skrywer se verantwoordelikheid. Dit neem tyd, energie en geld om gesien te word op die Internet. Kopiereg bly die skrywer sin asook enige winste.Dit kan egter baie alleen voel om so op jou eie te skryf met geen aanmoediging of ondersteuning nie.
Skryfplatforms webblad of albei?
Dis die vraag waarvoor skrywers te staan kom. Die antwoorde verskil. Een groep wil nie die verantwoordelikheid dra van bemarking en ‘n webblad nie terwyl ander hou van die onafhanklikheid. Ek het begin op Webanswers en Bubblews en later ander platforms. Selfs ‘n paar Rand daarmee gemaak totdat Webanswers en Bubblews oornag verdwyn het met almal se harde werk. Dit was voordat ek alles op my rekenaar begin stoor het. In 2019 het ek my eie domein naam gekoop en nog nooit teruggekyk nie. Dit is inderdaad meer werk om alles self te doen. Die beloning is egter ook alles joune. Ek skryf wel hier en daar ‘n kommentaar of ‘n brief maar hou dit minimaal.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment