‘n Ma kan na 5 kinders omsien

0
(0)

‘n Ma kan na 5 kinders omsien. 5 Kinders kan egter nie na een Ma omsien nie. Klink bekend? Is dit Waar of Vals of iewers tussenin.?

‘n Ma kan na 5 kinders omsien

Dit is beslis waar. My skoonma het 5 kinders alleen groot gemaak terwyl my skoonpa vir maande aaneen weg was van die huis af. Hy het kerk horlosies gemaak en onderhou.Sy was beslis nie die enigste superma nie. Daarvan getuig die vele Moeders hier en oorsee wat soms onder haglike en moeilike omstandighede die pot aan die kook gehou het. Kinders versorg en geklee het.

5 Kinders kan nie na 1 Ma omsien nie

Natuurlik praat ons hier van ‘n bejaarde Ma en volwasse kinders. Dis dan ook waarop hierdie voorbeeld gegrond is. So hoe waar is dit? Wel dit hang dikwels van die omstandighede af. 5 Volwasse kinders woon dikwels nie almal in dieselfde dorp as mekaar en hulle Ma nie. ‘n Ma wat na 5 kinders omsien se kinders is almal in dieselfde huis. Die Ma is relatief jonk en die kinders nog minderjarig. Daar is nog ander voorbeelde wat die stelling bevraagteken.

‘n Ma en haar 5 minderjarige kinders

Minderjarige kinders is onderworpe aan die Ma se leiding en gesag. Die kinders moet bed toe gaan wanneer Ma so se. Dieselfde met tande borsel ens. Indien die kinders ongehoorsaam is, straf die Ma hulle hetsy deur voorregte te ontneem of ekstra take te gee. Ma besluit wat reg en verkeerd is, wat op die spyskaart is, hoe laat uitgebly mag word en watter televisie programme gekyk mag word.

5 Volwasse kinders en hulle bejaarde Ma

Soos reeds genoem bly al 5 kinders gewoonlik nie bymekaar en hulle bejaarde Ma nie. Die versorging van die bejaarde Ma val meeste van die tyd op 1 van die volwasse kinders wat in dieselfde dorp as die Ma woon en dis waar dit baie keer onregverdig kan word en daar waarheid in die stelling steek. Te dikwels word alles op die 1 kind gelaai terwyl die ander 4 net nou en dan bel. Dan is dit ook so dat volwasse kinders self ook in hulle sestigs of ouer is. Natuurlik verskil families van mekaar wat die versorging van bejaarde ouers betref.

Ons is 3 dogters met ‘n bejaarde Ma

My Ma het 7 jaar gelede op ouderdom 80 die eerste terugslag beleef. Sy het in die Overberg naby my oudtste suster gewoon dus het ousus die meeste versorging gedoen terwyl ek uitgehelp het soos en wanneer ek kon en wanneer my hulp nodig was. Ons kleinsus bly kilometers verder en kon nie fisies help nie. Sy het egter gehelp met finansies en haar deel gedoen met vakansies. Na my Ma se val in Oktober 2024 het ons my Ma in ‘n versorgingsoord in my dorp gesit.

Dis heeltemal anders om na ‘n bejaarde ouer om te sien. Mens moet heeltyd die ouer in ag neem en aan haar waardigheid dink, respek betoon en bid vir Job se geduld. Die ou mensies kan soms baie moeilik wees en dinge doen wat hulle kinders laat gryp na suikerwater.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads