Week van misdaad

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Week van misdaad

Week van misdaad. Misdaad op sig self is nie nuut nie. Hier in Suid Afrika en oorsee. Die afgelope week was egter anders. Grusaam, onverwags. Drie moorde in 1 week. Een in Suid Afrika en 2 in Amerika. Die eerste moord het in Suid Afrika plaasgevind.

Bouwer van Niekerk

Bouwer, ‘n prokureur van Gauteng is helder oordag in sy eie prokureurs firma se raadsaal doodgeskiet. Die moordenaars het dood luiters die raadsaal binne gestap, Bouwer geskiet en weer uitgestap. Hulle is steeds op vrye voet. Bouwer ‘n insolvensie praktisyn was ten tyde van sy moord besig met ‘n likwidasie saak en het hom sterk uitgespreek teen die sluipmoorde op prokureurs.

My opinie

Die aanval op Bouwer was arrogant en intimiderend. Hulle was duidelik nie bang om gevang te word nie. Talle mense het op sosiale media gevra hoe dit moontlik is dat die sekretaresses nie geweet het wie die mense was wat Bouwer in die raadsaal sou ontmoet het. Ek het vir ‘n Prokureurs firma gewerk en in ons firma het die prokureurs self hulle afsprake gemaak. Dit is weinig indien ooit met ons as sekretaresses bespreek. Ons was net gevra om te reel vir koffie en eetgoed. Sluipmoorde op prokureurs is nie nuut nie. Hierdie sluipmoord was egter skokkend en uniek deurdat dit binne die firma en in die raadsaal gedoen was.

Iryna Zarutska

Iryna was 23 jaar oud en ‘n vlugteling van Oekraïne wat in Amerika ‘n tuiste gevind het weg van haar oorlog geteisterde land. Sy het werk by ‘n pizza gekry en trein gery werk toe en terug. Een aand na werk het sy op die trein geklim nog in haar werks klere. Sy het skaars gesit toe ‘n reeks misdadiger wat agter haar gesit het sy knipmes oopvou en haar herhaaldelik in die nek en rug steek. Die CCTV beeld materiaal wys hoe sy omdraai en na haar aanvaller kyk – angsbevange, haar bene opgetrek. Die volgende beeld is waar sy haar hande voor haar gesig hou en dan na haar wonde kyk. Sy huil saggies. Sy sit alleen op die bank – niemand help haar nie. Sy sterf sekondes later.

My opinie

Die beeld materiaal is skokkend en walglik. Die mense rondom haar wend nie ‘n poging aan om haar te help nie. ‘n Jong meisie in ‘n vreemde land sterf eensaam en alleen. Wanneer sy na haar wonde kyk en begin huil besef sy haar einde is naby.Sy het net eendag werk toe gegaan en nooit weer daarna asem gehaal nie Dis hartverskeurend. Charlie Kirk het die foto’s op sy sosiale media gedeel met die woorde: America will never be the same again.

week van misdaad
‘n Treffende AI foto van Charlie wat Iryna troos en bystaan

Charlie Kirk

Skaars ‘n dag nadat Charlie die inskrywing gemaak het, het hyself grusaam gesterf aan die hand van ‘n sluipmoordenaar. Charlie was ‘n Christen en konserwatiewe spreker en uitstekend met debat op kollege kampusse. Hy was net 31 jaar oud toe hy met 1 skoot uit die sluipmoordenaar se wapen afgemaai is. Hy was getroud met Erika en saam het hulle 2 kinders verwelkom. Charlie is doodgeskiet op die plek waar hy so graag met jong studente gepraat het – op ‘n kollege kampus.

My opinie

Charlie was eerstens ‘n Christen en het sy christenskap uitgeleef. Hy het elke moontlike geleentheid gebruik om oor Jesus te praat en het menige jongmens na Christus gelei. Hy was ook een van die beste debatteerders wat ek nog gesien het. Hy kon en het met enige mens debat gevoer – enige ras, enige geloof, enige ouderdom veral jongmense. Charlie se “misdaad” was sy woorde. Die linker kant van die politieke arena het hom ‘n fasis genoem en het sy geloof verkleineer. Hy het gesterf vir sy geloof. Sy dood gaan mense terug bring na die Here toe dit glo ek met my hele hart.

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading