Onthou jy Afrikaanse televisie?

Onthou jy Afrikaanse televisie?
Afrikaanse televisie. Onthou jy nog die skatkis van Afrikaanse programme op televisie? Sommiges was oorgeklank. Dit was so goed gedoen – eksie perfeksie. Dan was daar die uitstekende oorspronklike reekse eie aan Suid Afrika en Afrikaans.
Onthou jy?
Agter elke man:
Ant Stienie se baksteen huisie, Bruce Beyers. Doreentjie wat so verlief is op Bruce en Leana wat haarself uit armoede uit gewerk het en desperaat probeer het om haar verlede agter te laat. Ons was vasgenael voor die televisie. Ant Stienie het so diep in ons harte gekruip met haar raad, filosofie en omgee vir ander.
Slampamper sirkus:
Dit het oor die sirkus en sy mense gegaan. Die hanswors met ‘n traan agter die grimering. Reeks oor ‘n klein sirkus en sy ongelukkige kunstenaars. Goudini se Wonder Circus word gedwing om deur die platteland te dwaal nadat ‘n groot storm hul tent vernietig het. Sandra Prinsloo, Hans Strydom, Dana Niehaus
Ballade vir ‘n Enkeling:
Die smeulende Jacques Reynard. Eksentriek. Skrywer. Die temalied het ons meegesleur. Dit volg joernalis Carina Human wat die raaiselagtige verdwyning van skrywer Jacques Reynard ondersoek. Alhoewel daar later jare ‘n rolprent verskyn het, bly die reeks steeds my gunsteling.
Arende:
Hierdie treffer reeks het afgespeel tydens die 2de Anglo Boere oorlog met Ian Roberts as ‘n boer en Gavin van den Berg as ‘n Brit. Die reeks was emosie belaai met Afrikaner trots, passievol en die smagting na vryheid. Die reeks het Afrikaner en Engelsman voor die kassie gehou.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment