Inspirasie vir die dag

Inspirasie vir die dag
Inspirasie vir die dag. Soms druk die lewe erg en het ons net ‘n opbouende woord of twee nodig om weer ons kop op te lig en aan te gaan. Soms maak ons foute en kry ons die wind van voor van alle kante af. Ander kere is ons teleurgesteld in onsself en die pad wat ons gekies het. Verkeerde besluite.
Inspirasie
- Jy probeer al vir jare om iets te laat werk – sonder sukses. Probeer iets nuuts – soms is ‘n verandering net wat ons nodig het – of doen dinge anders.
- Wou jy nog altyd die Bybel deurgelees het maar die taak lyk onmoontlik? Lees elke dag 3 hoofstukke en teen 31 Desember het jy die Bybel bemeester.
- Jy wou nog altyd graag deur die wêreld gereis het. Die finansies is egter nie daar nie. YouTube tot jou redding. Elke land het iemand wat jou graag deur hulle land en dorp neem – gratis.
- Is jy ‘n skrywer wat nie weet waar om te begin nie? Dit is ‘n mite dat net mense wat boeke geskryf en gepubliseer het suksesvolle skrywers is. Nonsens. Enige ene kan skryf en nie almal wil boeke skryf nie. Sommiges wil net kortverhale skryf en ander wil net graag daagliks skryf oor hulle wedervaringe. Wat ookal die geval. daar is plek vir almal. Begin deur elke dag 100 woorde neer te skryf totdat jy gemaklik voel om meer te skryf en gemaklik voel waaroor jy skryf.
- Sukkel jy om ‘n boek te lees? Dink daaroor. Hou jy meer van fiksie of nie-fiksie. Net omdat meeste mense fiksie lees beteken nie jy moet dit ook doen nie. Probeer kort verhale – dalk vind jy meer aanklank daarby.
“Waardeer die gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom. Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan afsaag nie.” (CJ Langenhoven: Ons weg deur die wêreld, 1913)
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment