Wat maak Franse kos so spesiaal?

Wat maak Franse kos so spesiaal?

Wat maak Franse kos so spesiaal? Is dit duur bestanddele wat net die elite kan bekostig? Wat is die geheim en misterie? Frankryk is die skepper van fynproewer kos dus het alle kosse ‘n aanvanklike begin in Frankryk gehad. Dit was heel waarskynlik te wyte daaraan dat Frankryk in daardie tyd die grootste aantal koninklikes gehad het wat ander kos moes eet as die gepeupel. Meeste chefs begin dan ook hulle opleiding in Frankryk. Frankryk is steeds die Koning van kos.
Wat maak Franse kos so spesiaal?
Dis onbetwisbaar that Franse kos net eenvoudig anders proe. Die beste bestanddele word gebruik en die kosse is ryk en heerlik. Die geheim van Franse kos le in die eenvoud daarin. So 5 jaar gelede het ek ‘n Franse kos kursus gedoen en ek was verstom oor die eenvoud daarvan. Dis nie asof die kosse oorlaai word met tien talle bestanddele nie. Nee dis die tegniek wat die verskil maak.
Die tegniek is die sleutel
Julia Child het Franse kookkuns aan die Amerikaanse publiek bekend gestel met haar TV reeks The French Chef en haar boek Mastering the art of French cooking. Een van die eerste geregte wat jy leer om te maak is die Franse omelet en dis uiters eenvoudig. Twee eiers, sout en peper, botter, ‘n pan en ‘n stoof plaat. Sonder bacon, kaas, mushrooms, uie, tamaties. Dit klink vervelig sonder al die ander lekker bestanddele nie waar nie? Glad nie! Dis romerig en gly in jou keel af. Dis die tegniek wat tel.
Die Franse asook die Italianers se geregte is deur die jare so verander dat dit bykans onherkenbaar is. Dan is mense ook meer geneig om faux Franse geregte te koop in plaas daarvan om dit self te maak. Dis eintlik glad nie te moeilik nie. Die pad na sukses: Tegniek.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment