Gesondheidsbroodjie

RESEP DEUR
Wenresepte 3
OPMERKINGS
Voedsaam en gesond
Gesondheidsbroodjie

Hierdie gesondheidsbroodjie of sade brood soos ek dit noem is maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Dis vullend en smaaklik. Die resep het in Wenresepte 3 verskyn. Ek het hierdie broodjie op die proef gestel so hier is my bevinding
Bestanddele:
- 500 mℓ volkoringmeel (2 koppies)
- 250 mℓ koring gemaal of gerol (1 koppie)
- 250 mℓ muesli (1 koppie)
- 15 mℓ uitgedopte sonneblomsaad (1 eetlepel)
- 5 mℓ sesame saad (1 teelepel)
- 5 ml koeksoda (1 teelepel)
- 5 mℓ sout (1 teelepel)
- 500 mℓ ongegeurde yoghurt (2 koppies)
- 15 mℓ heuning (1 eetlepel)
- Ekstra sesame saad om oor die broodjie te strooi
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 C
- Smeer ’n broodpan met botter of margarien of spuit met Spray and Cook
- Meng die meel, koring, sonneblomsaad, sesame saad, koeksoda en sout.
- Voeg die yoghurt en heuning by en meng dit goed.
- Gooi die deeg in die gesmeerde broodpan en maak gelyk
- Strooi n bietjie sesame saad bo-op die brood mengsel
- Bak die brood vir 1 uur lank
- Keer dit uit op ’n draadrak en laat afkoel.
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Laat die brood koud word voordat dit aangesny word – ek weet dis moeilik want dit ruik net te lekker. Ek het die koring in my koffieboon masjien gemaal wat baie goed gewerk het.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Dit is ietwat bros en val uitmekaar as jy nie versigtig sny nie.
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment