Sameswerings vernietig die waarheid

Sameswerings vernietig die waarheid
Sameswerings vernietig die waarheid. Oftewel conspiracies. Iemand neem ‘n ware storie en verander sy betekenis. Doelbewus en meestal om geldelike gewin en om ‘n gevolg bymekaar te maak. Die hoof samesweerder weet wat hy doen is verkeerd. Solank die geld en die gehoor meer word, gee hy egter nie om nie. Die gehoor eet alles vir soet koek op, bevraagteken niks en las by aan die vals naratief. Baie dieselfde as ‘n kultus (cult)
Sosiale media is ‘n groot sondebok deurdat hulle ‘n platform bied vir sameswerings
Alex Jones van Amerika is die bekendste van die samesweerders. Vir jare het hy die een sameswering na die ander versprei. Mense kon nie genoeg van die man se stories kry nie. Sy volgelinge het daagliks gegroei en so ook sy bankrekening. So het dit aangegaan .,. totdat hy hom vieslik vas geloop het. In 2012 het ‘n man ‘n laerskool bestorm en begin skiet. 22 Kinders en 6 onderwysers is dood in die aanval. Alex Jones het aan enige ene met ‘n gewillige oor vertel dat dit nooit gebeur het nie en dat alles basies ‘n toneelspel was en die kinders betaalde akteurs. Ouers van die vermoorde kinders het hom hof toe gesleep en hy is beveel om 1.487 biljoen dollar aan die slagoffers te betaal.
Ten spyte van die hof beslissing en Alex wat erken het dat hy die storie opgemaak het, is daar steeds mense wat glo dat die Sandy Hook skietery nooit gebeur het nie. Sy sameswering is net een van talle wat hulle op die internet uitspeel.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment