Gratis vermaak

Gratis vermaak
Gratis vermaak vir almal. Daar is niks op die gewone televisie om te kyk nie en satteliet televisie is onbekostigbaar. Internet toegang en betaal televisie hap ook aan jou geld sak. Radio luister en lees is lekker maar ai mens wil soms iets kyk op die kassie met ‘n koppie koffie en ‘n gemmer koekie in die hand.
Waar is die inry teater as jy hom nodig het?
Nostalgie. Dit was ‘n hoogtepunt in ons grootword jare. Terug na realiteit. Jy kry niks verniet nie of doen jy? Wel soort van. Ek het onlangs die verniet Openview dekodeerder aangeskaf en kyk nou gratis televisie. Daar is geen maandelikse fooie nie (jippee). Die aanvangs kostes is egter ‘n paar Rand. Jy moet die dekodeerder koop, ‘n satteliet skottel en ‘n proffessionele persoon kry om alles aanmekaar te sit. Dit alles kos in die omgewing van R2000.
Is Openview die moeite werd?
Vir my is dit beslis. Ek geniet die Home channel met huis en tuin dinge, die nuus kanaal France 24, Etv reality met al sy dokumentere, hof en misdaad ondersoeke en Etv movies waar ek elke nou en dan ‘n mooi fliek kry om te kyk. Kyk dis nie DSTV nie maar dan is die 22 kanale verniet om te kyk na die aanvanklike bedrag om alles te koop. Daar is van die kanale waarin ek glad nie belang stel nie en ja dinge word ook herhaal soos op DSTV. Steeds voel ek dis beter as niks en nee ek is nie betaal om oor Openview te skryf nie.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
 - Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
 - Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
 - In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
 - Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
 - Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
 - We also publish original articles, stories and opinions in English
 
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment