Elkeen het ‘n storie

Elkeen het ‘n storie
Elkeen het ‘n storie. Jare gelede tydens ‘n Oprah show het sy ‘n stoel nommer gekies. Oprah het dan die persoon gevra wat haar/sy storie is. Meestal het die persoon nie gedink daar is enige iets om te noem nie totdat Oprah die persoon gepols het. Die stories het begin vorm aanneem – sommige hartseer, inspirerend en anderverskriklik. Met die program wou sy wys dat elkeen van ons ‘n storie het en dat ons storie dalk iemand anders kan help.
Soms het ons meer as een storie
In my storie is ek die 3de geslag enkelma. My Ouma was 46 toe my Oupa oorlede is aan brein kanker en sy het 2 dogters alleen groot gemaak tydens die 2de wêreldoorlog. My Ma was 33 jaar toe toe my Pa in ‘n motorongeluk gesterf het. Hy was ‘n treindrywer. Ons was 2 meisiekinders en my Ma was swanger met my jongste suster. Ek was 28 jaar oud met 2 dogters toe my man aandiens in ‘n motorongeluk gesterf het. Dus was ek die kind van ‘n enkelouer asook ‘n enkelouer met 2 kinders. My Ouma, my Ma en ek is lid van ‘n unieke klub waarvoor ons nie aansoek gedoen het nie en waarin ons nie ‘n keuse gehad het nie.
Elkeen se storie is uniek en spesiaal en beteken iets vir ons en ander. So wat is jou storie?
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment