Afrikaanse skrywers in Frankryk

Afrikaanse skrywers in Frankryk. Heelwat Afrikaanse skrywers woon in Frankryk en skryf daarvandaan. So hoekom Frankryk? Voordat ons hierdie vraag beantwoord – watter Afrikaanse skrywers het verkies om in Frankryk te woon en skryf.
Afrikaanse skrywers in Frankryk
- Marita van der Vyver skrywer van Griet skryf ‘n sprokie woon reeds meer as 25 jaar in Frankryk. Sy het as jong enkel Ma met haar seun na Frankryk verhuis vir ‘n wegbreek jaar. Die liefde het egter aan haar deur geklop en sy is in 1999 met ‘n Fransman getroud. Sy reis dikwels na Suid Afrika vir besigheid en vakansie.
- Breyten Breytenbach het in 1983 na Frankryk verhuis weens die politieke situasie in Suid Afrika. Hy was bekend vir sy teenstand van die Apartheids regering. Sy gewildste boek is The True Confessions of an Albino Terrorist. Hy het hom ook sterk uitgespreek teen die huidige Suid Afrikaanse regering. Breyten is in 2024 in Parys, Frankryk oorlede.
- Uys Krige het as oorlog joernalis gewerk tydens WW2 waar hy dan ook ‘n liefde vir skryf en Frankryk ontwikkel het. Na die oorlog het hy ‘n beurs bekom om rugby in die Suide van Frankryk te gaan speel. Later jare het hy heen en weer tussen Suid Afrika en Frankryk gereis en ‘n boek Letters from France het die lig gesien. Hy is in 1987 in Hermanus oorlede.
Hoekom Frankryk?
Redes wissel. In Breyten se geval was sy rede dat Frankryk liberaal is en hy daar sonder sensuur kon skryf en protesteer. Marita het liefde gevind en Uys Krige het gehou van die skoonheid en kultuur.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment