Een dag ‘n week moet ons rus

Een dag ‘n week moet ons rus
En dis nie net die Bybel wat dit voorskryf nie. Geen mens is gemaak om dag en nag onbepaald te werk nie. Selfs diere skep asem elke nou en dan. Volgens die Bybel moet ons 6 dae werk en die 7de dag rus. So wanneer is die 7de dag?. Saterdag of Sondag?. Wel dit hang af aan watter geloof jy behoort en wat jou land se kalender bepaal
In Suid Afrika begin ons week op ‘n Maandag
Saterdag is die 6de dag – dus is die 7de dag volgens ons werk week nie waar nie? Dit maak nie eintlik regtig saak nie. Daar is mense wat skofte werk so wanneer is hulle 7de dag dan. Weereens dit maak nie saak wie wanneer werk of aan watter geloof iemand behoort nie.
Belangrikste is om 1 dag ‘n week te rus
Enige dag is reg soos dit jou lewenstyl pas. Rus, ontspan, lees, kyk TV – enige iets wat jou laat ontspan. Elker mens het rus nodig anders brand ons uit. Moenie skuldig voel nie. Skop jou skoene uit en doen absoluut niks. Berei kos voor die dag voor jou rusdag sodat jy nie heeldag voor die kos potte staan nie of koop iets. Dis jou herlaai dag. Gun dit vir jouself en geniet dit.
Die volgende 6 dae kan jy weer jou besige lewe hervat en hard werk.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
 - Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
 - Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
 - In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
 - Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
 - Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
 - We also publish original articles, stories and opinions in English
 
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment